Jon­ker­al­bum is ’n skat­kis vol klan­ke

Die Burger - - 6 - Ma­ri­a­na Ma­lan

Elk­een hoor Ing­rid Jon­ker an­ders. Gee vir ’n uit­een­lo­pen­de groep mu­si­kan­te die ge­leent­heid om Jon­ker te laat sing, en jy kry so­veel hoof­de, so­veel sin­ne. Ing­rid Jon­ker: Die kind is nog

jon­ger is ’n skat­kis waar­uit klan­ke bor­rel, ’n pro­duk so uit­een­lo­pend as die mu­si­kan­te, so in­te­res­sant soos die dig­ter self.

’n Paar maan­de ge­le­de het die op­win­ding oor die dub­bel­al­bum be­gin broei. Jon­ker se dog­ter, Si­mo­ne, haar man, Er­nes­to Gar­cia Mar­ques, se pad het met dié van Paul Blom van Ter­mi­na­tryx se maat­skap­py Fla­me­drop Pro­ducti­ons ge­kruis en die rat­te het be­gin draai. Met die hulp van men­se wat in die pro­jek ge­glo het, het die In­die­Go­Go-pro­jek rig­ting gekry.

Die na­me van men­se wat by­ge­dra het, is in­te­res­san­te lees­stof. Van mu­si­kan­te, tot uit­ge­wers, on­be­ken­des en be­ken­des, En­gels, A­fri­kaans en na­me wat uit­lands klink en nog ’n paar wat by­ge­dra het son­der om eers ver­mel­ding te vra. Van­dag kan elk­een met ’n te­vre­de glim­lag ag­ter­oor sit en die eind­pro­duk as deel van hul be­sit­tings ge­niet.

Die al­bum be­gin ge­pas met Si­mo­ne wat “Toe­maar die don­ker man” voor­lees. Dan volg on­der an­de­re An­ton Goo­sen (“’n He­mel vol blou ak­kers” ná “Plant vir my ’n boom, An­dré”) en Jen­ni­fer Fer­gu­son se “Wind­lied­jie” in die pas met die styl waar­voor hul­le be­kend is. Maak jou dan reg vir na­me wat dalk nie oor­be­kend is nie, maar wat die stem­ming van ’n ge­ko­se ge­dig vaar­dig vas­vat.

Op die eer­ste CD wil ’n mens oor en oor luis­ter na Ter­mi­na­tryx se “Ont­vlug­ting” wat jou in­trek met ’n klank wat her­in­ner aan die Lo­re­lei wat ’n skip op die rot­se lok. Ver­woes­ting kom dan in met die me­tal-klan­ke wat na die af­loop van Jon­ker se pro­fe­tie­se woor­de lei.

Eckard Pot­gie­ter het ook dié ge­dig op sy eie pra­te­ri­ge, san­ge­ri­ge ma­nier aan­ge­bied.

Vir my is die hoog­te­punt van die eer­ste al­bum eg­ter “Dra­wing” (ge­ba­seer op die ge­dig “Te­ke­ning – Vir Jack”) van The Sighs of Mon­sters – ’n B­rit­se groep met ’n SuidA­fri­kaan­se kon­nek­sie in die per­soon van B­rett Lock. Van hier­die lied is daar ’n prag­ti­ge vi­deo op You­Tu­be wat in ’n his­to­rie­se 14deeeu­se ker­kie in Kent in En­ge­land ty­dens kuns­te­fees daar op­ge­neem is. Tref­fer staan dub­bel en dwars oor hier­die lied­jie ge­skryf.

Op die twee­de al­bum ver­ras In­ge Beck­mann se “Kor­rel­tjie Sand”. Dis glad nie wat ’n mens van haar ver­wag nie. Me­lo­di­eus en met ’n rit­mie­se trom is dit ’n een­vou­di­ge en tref­fen­de lied.

Jim Ne­ver­sink sing “Bit­ter­bes­sie dag­breek” met ’n sjar­man­te En­gel­se ak­sent en dis­so­nan­te klan­ke.

As ’n mens weer ’n guns­te­ling mag kies, is dit die Ra­dio Rats se “Deep Dark In­tro­ver­ted Gi­rl”. En as Fran­cois B­rey­ten­bach Blom eers ge­bul­der het “die kind is nie dood nie” gaan nie­mand nog aan die waar­heid hier­van t­wy­fel nie.

Klan­ke bly jou by lank na­dat jy hier­die al­bum in sy at­mos­fe­rie­se om­slag ge­bê­re het. Maar daar­van is dit die me­lan­cho­lie­se woor­de van Jon­ker wat die lang­ste in jou ge­dag­tes hui­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.