Hip hop, hip hop, kry die ta­fels in jou kop!

Die Burger - - 4 - Ro­man­tha Bo­tha

Leer jou maal­ta­fels een hip hop-lied­jie op ’n slag.

Dít is een ma­nier waar­op Kurt Min­naar, ’n wis­kun­de-on­der­wy­ser aan die Ho­ër­skool E­ben D­ön­ges in Kraai­fon­tein, Kaap­stad, sy leer­lin­ge help om on­der meer hul maal­ta­fels lag­lag on­der die knie te kry.

Min­naar het ’n pas­sie vir hip hop en is deel­tyds ’n hip hop-dan­ser wat Suid-A­fri­ka al in ver­skeie kom­pe­ti­sies ver­teen­woor­dig het.

“Die i­dee om hip hop en wis­kun­de saam te voeg was vir my die lo­gie­se ding om te doen. Ek is ’n mens wat baie hi­per­ak­tief is en gou ver­veeld raak, en het toe so ’n paar jaar ge­le­de be­sluit om dit te pro­beer. Die kin­ders is dol daar­op,” ver­tel Min­naar.

Hy het Don­der­dag ’n vi­deo op Fa­ce­book ge­laai van ’n les waar sy leer­lin­ge een van die maal­ta­fels op­sê ter­wyl hy hul­le aan­por en voor in die klas be­gin dans.

Dit het se­dert­dien groot op­slae ge­maak. Teen gis­ter­mid­dag is dit meer as 17 000 keer ge­kyk.

Min­naar sê hy glo dat die tra­di­si­o­ne­le ma­nier van on­der­rig her­sien moet word.

“Wis­kun­de hoef nie bo­ring te wees nie. Met teg­no­lo­gie wat so ver ge­vor­der is, kan ons nie na on­der­wys op die­self­de ma­nier kyk as de­ka­des ge­le­de nie. We need to keep up with the ti­mes.”

Hy het ook mu­siek­vi­deo’s – met die sa­me­wer­king van plaas­li­ke hip hop-dan­sers soos Ko­ri Clar­ke en Con­way Oc­to­ber – ver­vaar­dig en sê hy be­oog om meer soort­ge­ly­ke vi­deo’s te maak.

“My droom is om nie net wis­kun­de op so ’n nu­we ma­nier aan te bied nie, maar al­le vak­ke.”

Pas­sie is eg­ter nie ge­noeg nie en vol­gens Min­naar is tyd en geld die strui­kel­blok­ke in sy pad.

“Ek sal graag al my les­se só wil aan­bied . . . dit sal a­ma­zing wees.”

Ti­di­ma­lo Mo­atsa­na, ’n gr. 8-leer­ling, sê dit is sy guns­te­ling-tyd van die dag.

“Die eer­ste keer toe mnr. Min­naar die lied­jie vir ons ge­leer het, het ek ge­dink hy is mal. Nou kan ek nie wag om klas toe te kom nie.”

Vol­gens Min­naar sien hy ’n ver­be­te­ring in sy leer­lin­ge se wis­kun­de­pun­te, ver­al in die af­de­lings waar­in hy lied­jies ge­bruik het.

Hy be­plan ook om met gra­fie­se ont­wer­pers te werk wat plak­ka­te kan ont­werp wat leer­lin­ge sal help om drie­hoeks­me­ting te leer.

Fo­to’s: INEKE COETZEE

Kurt Min­naar, ’n wis­kun­de­on­der­wy­ser aan die Ho­ër­skool E­ben D­ön­ges in Kraai­fon­tein, Kaap­stad, ge­sels met sy leer­lin­ge. Hy ge­bruik hip hop­lied­jies om hul­le met hul maal­ta­fels te help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.