Ver­slag sê Su­san Ro­hde het ‘ ou­er be­se­rings’ ge­had t en ty­de van haar dood

Die Burger - - Voorblad - Bl. 5

Die on­af­hank­li­ke fo­ren­sie­se pa­to­loog dr. Reg­gie Pe­ru­mal gaan moont­lik nie vir Ja­son Ro­hde in Ro­hde se ko­men­de moord­ver­hoor ge­tuig nie.

Ro­hde se reg­span, Da­niel Witz, sy op­drag­ge­wen­de pro­ku­reur, en adv. Ross M­cKer­nan, sy regs­ver­teen­woor­di­ger, het kort na­dat die po­li­sie in Au­gus­tus ver­le­de jaar aan­ge­kon­dig het dat Ro­hde se vrou, Su­san, se dood van ’n ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek na ’n moor­don­der­soek ver­an­der is, Pe­ru­mal ge­kry om ’n on­af­hank­li­ke lyk­skou­ing vir hul­le te doen.

Ja­son is op 23 Au­gus­tus by sy huis in Bry­an­ston in heg­te­nis ge­neem.

Die Bur­ger het in Sep­tem­ber 2016 be­rig dat Pe­ru­mal in sy lyk­skou­ing s ver­slag aan­ge­dui het dat Su­san se lyk ver­skeie ou­er en nu­we skaaf- en stuk­ken­de plek­ke ge­had het.

Daar was glo ook kneus­plek­ke aan haar lyf wat nog be­sig was om ge­sond te word teen die tyd dat sy dood is.

Dan was daar glo ook “ver­skeie kneus­plek­ke wat be­sig was om ge­sond te word aan haar on­der­ste le­de­ma­te”.

’n Bron het gis­ter ge­sê Pe­ru­mal se lyk­skou­ings­ver­slag is glo nie wat Ja­son en sy reg­span ge­soek het nie. “Ons ver­moed dat hul­le hom glad nie as ’n des­kun­di­ge ge­tuie gaan roep nie,” sê die bron.

Pe­ru­mal het gis­ter ge­sê hy sal hom be­skik­baar stel as hy wel as ’n ge­tuie be­no­dig word.

Sy be­vin­dings toon ook baie oor­een­koms­te met die be­vin­dings van dr. Ak­mal K­han, die staat­spa­to­loog wat op 26 Ju­lie ver­le­de jaar die amp­te­li­ke lyk­skou­ing op Su­san se lyk ge­doen het.

Die Bur­ger het ’n af­skrif van K­han se ver­slag ge­sien. Daar­vol­gens het Su­san die og­gend van 24 Ju­lie 2016 om­streeks 09:08 ge­sterf. ’n K­neus­plek aan die nek is ook heel moont­lik ná haar dood aan­ge­bring.

Su­san het heel moont­lik ook op haar rug ge­lê en nie ge­hang nie toe sy dood is. Haar lyk is die og­gend van haar dood ge­kry ag­ter die bad­ka­mer­deur van die ka­mer wat sy en haar man by die S­pier-land­goed bui­te S­tel­len- bosch ge­deel het. Su­san was glo op haar knieë ag­ter die deur en het glo aan die koord van haar e­lek­trie­se haar­tang ge­hang.

Hul­le was daar vir Sot­he­by’s In­ter­na­ti­o­nal Re­al­ty se jaar­lik­se kon­fe­ren­sie. Ja­son was toe Sot­he­by’s se uit­voe­ren­de hoof in Suid-A­fri­ka.

Pe­ru­mal het in sy ver­slag ge­skryf oor ’n diep, nu­we kneus­merk aan haar tong en ge­breek­te rib­be aan die lin­ker­kant – met geen ge­as­so­si­eer­de bloe­ding nie. ’n Deel van die bors­been is glo ook ge­breek, met vier rib­be aan die reg­ter­kant wat glo ge­breek is, wel met bloe­ding. Hy het be­vind dat sy dood is weens ver­wur­ging.

K­han het in sy ver­slag ook ge­skryf dat sy kneus­mer­ke aan die lyf en ge­sig het, as­ook dat daar frak­tu­re aan die rib­be en ’n li­ga­tuur­merk aan die nek en on­der­aan die kaak was – vol­gens hom ’n te­ken dat sy ver­wurg is.

Daar is ook ’n he­ma­toom (bloed­ge­was) bo by Su­san se reg­ter­oog­lid ge­vind. Dié be­se­ring is glo ’n te­ken van ’n har­de slag of hou in die ge­sig.

’n Be­se­ring aan die lin­ker­skou­er kon moont­lik ver­oor­saak ge­wees het as sy oor ’n grow­we op­per­vlak ge­sleep is.

Ook K­han het be­vind dat sy be­se­rings ge­had het wat so­wat se­we dae oud was ten ty­de van haar dood.

Witz het by na­vraag ge­sê hul­le weet nog nie wie hul­le as ge­tui­es gaan roep nie.

Die ver­de­di­ging se ge­tui­e­lys sal al­les af­hang van die ver­de­re be­son­der­he­de wat die staat hul­le gee. Die ver­hoor be­gin op 9 Ok­to­ber.

Fo­to: JA CO MAR AIS

Ja­son Ro­hde b y ’ n v o­ri­ge hofv er­sky­ning.

Fo­to: F ACEBOOK

Su­san R o­hde

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.