Nie­mand stel be­lang in ‘be­wy­se’, sê Ku­ne­ne

Die Burger - - Aktueel - Je­a­nel­le Gr ey­ling

“Ons is nie een­sy­dig soos die mees­te van die nuus­me­dia nie,” het Ken­ny Ku­ne­ne gis­ter bui­te die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg ge­sê.

Ku­ne­ne meen an­ders as sy aan­lyn pu­bli­ka­sie, Week­ly X­posé, het an­der pu­bli­ka­sies nie die “waag­moed” om adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se “vuil was­goed” in die o­pen­baar te hang nie.

Dit volg op die hof­uit­spraak dat Week­ly X­posé die seks­vi­deo’s moet ver­wy­der van ’n vrou wat na be­we­ring ’n ver­hou­ding met Ra­map­ho­sa aan­ge­knoop het.

No­mas­wa­zi Ma­se­ko, die ap­pli­kant se pro­ku­reur, het ge­sê sy is in haar skik met die be­slis­sing.

“Die re­spon­den­te het in­breuk ge­maak op my kli­ënt se reg op pri­vaat­heid en waar­dig­heid. Ek is net dank­baar ons kon se­ker maak dat die vi­deo’s ver­wy­der word en dat dié reg­te be­skerm word,” het Ma­se­ko ge­sê.

Ku­ne­ne het ge­sê hy “re­spek­teer” die uit­spraak, maar hy gaan sy pro­ku­reurs vra of hul­le teen die uit­spraak moet ap­pel­leer.

Hy het daar­na uit­ge­vaar teen die nuus­me­dia wat die sto­rie nie “voor­blad­nuus” ge­maak het nie, maar gre­tig is om te be­rig oor ’n boek waar­in pres. Ja­cob Zu­ma daar­van be­skul­dig word dat hy ’n joer­na­lis ver­krag het.

Dié stel­ling ver­wys na The So­we­tan se be­rig oor die om­roe­per Re­di Tl­ha­bi se boek oor Fe­ze­ki­le Nt­su­ke­la Ku­z­wa­yo, wat Zu­ma in 2005 van ver­krag­ting be­skul­dig het.

Zu­ma is ’n jaar la­ter on­skul­dig be­vind.

Ku­ne­ne meen dié boek be­wys nie dat Zu­ma vir Ku­z­wa­yo ver­krag het nie, ter­wyl daar “be­wy­se is” dat Ra­map­ho­sa met “ver­skeie” vroue eg­breuk ge­pleeg het.

“Ra­map­ho­sa doen hom­self voor as die toon­beeld van mo­re­le deug­de, maar daar is be­wy­se dat hy son­der ’n kon­doom met ver­skeie mei­sies ge­slaap het ter­wyl hy die voor­sit­ter van die vigs­raad is,” sê Ku­ne­ne.

“Daar is ook be­wy­se dat Ra­map­ho­sa ge­weet het van die vi­deo’s en ge­vra het dat die vi­deo’s aan hom ge­stuur word.

“Is dit nie die daad van ’n per­ver­se mens nie?” het Ku­ne­ne ge­vra.

“Maar geen­een van jul­le stel in elk ge­val be­lang in be­wy­se nie. Al waar­in jul­le be­lang stel, is om ska­kel­werk vir Ra­map­ho­sa te doen.”

■ Die vi­deo’s is in­tus­sen van die web­tuis­te ver­wy­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.