Kom loop vir hoop!

Die Burger - - Aktueel -

Vol­gens die jong­ste ver­slag van die Wê­reld­ge­sond­heids­or­ga­ni­sa­sie (WGO) het de­pres­sie die af­ge­lo­pe tien jaar met 18,4% toe­ge­neem en is dit wê­reld­wyd die groot­ste en­ke­le oor­saak van on­ge­skikt­heid.

Glo­baal is dit tans die der­de groot­ste siek­te, en teen 2020 – oor net drie jaar – sal dit die twee­de groot­ste wees en teen 2030 die groot­ste. Een sta­tis­tiek lui dat 350 mil­joen men­se wê­reld­wyd aan de­pres­sie ly, met ’n mil­joen wat jaar­liks hul le­we aan de­pres­sie ver­loor. De­pres­sie kos Suid-A­fri­ka meer as R218 mil­jard aan ver­lo­re pro­duk­ti­wi­teit, maar die in­di­vi­du­e­le ly­ding van men­se wat met ’n ver­lam­men­de siek­te stoei, is on­be­re­ken­baar en kan nie deur sta­tis­tie­ke be­skryf word nie. Hoe gou­er die simp­to­me her­ken en hulp ge­soek word, hoe be­ter kan dit be­stuur word. De­pres­sie is ’n siek­te, nie ’n swak­heid nie – en be­han­del­baar.

Om te wys jy gee om, kom doen jou deel vir be­wus­ma­king op Son­dag

15 Ok­to­ber en help om die stil­te en stig­ma te ver­breek. Stap saam op die 3-, 5- of 10 km-roe­te, of trap saam op die 25 km-berg­fiets-pret­trap.

Op Dins­dag 10 Ok­to­ber is dit die WGO se be­wus­ma­kings­dag vir psi­gie­se ge­sond­heid. Kom stap en trap saam en ver­breek die stil­te rond­om die siek­te van wan­hoop. Dra iets blou om te wys jy’s ’n Am­bas­sa­deur van Hoop en ge­niet Blaau­w­klip­pen-mark se lek­ker­nye ná die tyd.

Wan­neer: Son­dag 15 Ok­to­ber, Blaau­w­klip­pen, R44, S­tel­len­bosch Hoop Bi­ke: 25 km (R100) Hoop Hike: 10 km (R100), 5 km (R60) of 3 km (R40). Kin­ders on­der 12 jaar (3 km of 5 km) R40

Skryf só in

Klik op die Hoop Hike op www.i­qe­la­e­vents.co.za.

Jou in­skry­wings­geld gaan vir die de­pres­sie na­vor­sings fonds van die It­hem­ba-stig­ting, ’n on­der­ne­ming son­der wins­mo­tief( re­gis­tra­sie­nom­mer 2012/17 1250/08). It­hem­ba be­te­ken hoop i nis i X­ho­sa.

Wegspring­tye

Hoop Bi­ke: 07:45

Hoop Hike: 10 km: 08:00; 5 km: 08:30; 3 km: 08:40

Na­vrae: en­tries@i­qe­la-e­vents.co.za

Fo­to: JA­C­QUES STANDER

Jy kan help om die stig­ma en stil­te rond­om de­pres­sie te ver­breek deur bloot te kom stap by die Hoop Hike.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.