SA man 10 m v an plof­toe­stel

Die Burger - - Aktueel - Simon Son­nek us

’n Suid-A­fri­ka­ner wat gis­ter­og­gend in spits­tyd op die mol­trein was waar­op die toe­stel na­by die Par­sons G­reen-sta­sie in Lon­den ont­plof het, sê al is hy ge­skok, “f*k hy maar voort”.

“Ek is se­ker ek sal ’n bie­tjie van stryk af raak soos die a­dre­na­lien be­gin af­neem, maar vir nou is al­les wel. Dit kon baie er­ger ge­wees het, maar jy weet mos hoe is ons Suid-A­fri­ka­ners, ons f*k maar voort,” sê Chris Wil­dish, wat al ne­ge jaar in Lon­den woon.

Wil­dish sê hy was op pad werk toe, van Wim­ble­don na Pad­ding­ton­sta­sie, toe die toe­stel op die mol­trein ont­plof het.

“Die toe­stel was so 10 m van my af toe dit ont­plof het. Daar was nie ’n reus­ag­ti­ge ‘boem’ en ’n ont­plof­fing nie, maar dit het eer­der ge­klink soos baie lug wat ont­snap.

“Die ont­plof­fing het nie die trein be­ska­dig nie, maar eer­der ’n reu­se-bol vlam­me in die lug op ge­stuur,” sê hy.

“Met die ont­plof­fing het al­mal na die an­der kant van die trein­be­gin hard­loop. Daar is nie in dié trein ver­skil­len­de trok­ke nie, so al­mal het na die voor- kant ge­hard­loop.”

Die trein was nie ver van die sta­sie toe die toe­stel ont­plof het nie.

“Soos wat die trein by die sta­sie be­gin in­trek het, het men­se uit­ge­spoel op die plat­form,” sê Wil­dish.

Hy was teen 14:00 gis­ter­mid­dag nog by die Par­sons G­reen­sta­sie om­dat die po­li­sie op die to­neel men­se wat die toe­stel ge­sien het, ge­vra het om ver­kla­rings af te lê voor­dat hul­le loop.

“Die toe­stel wat vlam­ge­vat het, was in ’n em­mer wat in ’n koel­sak was.

“Toe ek ’n vrou ge­help het om haar ba­ba­wa­en­tjie van die trein af te kry, kon ek be­hoor­lik na die toe­stel kyk.

“Daar was nog ge­rui­me tyd ná die ont­plof­fing ’n sterk che­mie­se reuk in die lug,” sê hy.

Vol­gens fo­to’s in so­si­a­le me­dia was die em­mer aan die brand en dit het ge­lyk of daar dra­de aan die bo­kant was.

Wil­dish sê hy het ge­sien dat tal­le men­se brand­won­de op­ge­doen het as­ook be­se­rings na­dat hul­le ge­val het in die storm­loop.

Vol­gens Wil­dish was daar gis­ter’ n sterk po­li­sie teen­woor­dig­hei dop die to­neel.

Die Lon­den­se me­tro­po­li­sie het gis­ter­og­gend ge­twiet hul­le is be­wus van ’n voor­val by die Par­sons G­reen-sta­sie en dat be­amp­tes op die to­neel is.

Sky News be­rig dat die bur­ge­mees­ter van Lon­den, Sa­diq K­han, in ’n ver­kla­ring ge­sê het die ont­plof­fing word as ’n ter­reur­daad be­skou.

“Ons stad ver­oor­deel in­di­vi­due wat ter­reur wil pleeg en ons le­we wil ver­woes.

“Lon­den het keer op keer ge­wys ons sal nie deur ter­ro­ris­te ge­boe­lie word nie.

“Ek vra al­mal om in dié tyd kalm te bly,” lui die ver­kla­ring.

Die o­wer­he­de wou nie sê of hul­le weet wie vir die aan­val ver­ant­woor­de­lik is en of die aan­val­ler self op die trein was nie.

Pres. Do­nald Trump van A­me­ri­ka het die voor­val ge­bruik om weer voor­spraak vir ’n reis­ver­bod te maak.

In ’n twiet ver­wys hy na “lo­ser ter­ro­ris­ts”. Hy sê dit is siek men­se wat reeds op die ra­dar van S­cot­land Yard was.

“(Ons) moet pro­ak­tief op­tree!” het hy ge­twiet.

Die rand het da­de­lik met 5c teen­oor die A­me­ri­kaan­se dol­lar ver­swak na­dat die nuus be­kend ge­word het, be­rig Fin24.

Die Suid-A­fri­kaan­se geld­een­heid het da­de­lik ná die nuus van R13,15 tot R13,20 ver­swak en la­ter ver­der tot by R13,22 ver­swak.

Sky News be­rig al­te­sa­me 22 men­se is as be­seer aan­ge­meld.

Fo­to: REUTER S

Ge­wa­pen­de po­li­sie­man­ne s taan gis ter w ag b y die P ar­sons Gr een­mol­trein­sta­sie.

Fo­to: REUTER S

’n Be seer­de vr ou na­dat s y g e­help is b y die P ar­sons Gr een­mol­trein­sta­sie in L onden.

Fo­to: VER SKAF

Chris Wil dish w as 10 m v an die toe­stel t ot dit ont­pl of het .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.