Dok­ter hoor oor 2 we­ke oor borg­tog

Die Burger - - Aktueel -

Die S­paan­se dok­ter wat na be­we­ring sy twee­ling in Kaap­stad ver­moor het, sal bin­ne twee we­ke hoor of sy aan­soek om borg­tog ge­slaag het.

Ma­rio Cé­sar Deus Ye­la (49) het gis­ter in die land­dros­hof in Wyn­berg ver­skyn. Hy staan te­reg op twee aan­klag­te van moord, aan­ran­ding en mo­tor­dief­stal.

Hy is op 6 A­pril in heg­te­nis ge­neem na­dat sy eks­vrou, Ju­lia En­gel­horn, op hul kin­ders, Oc­ta­via en Max­i­mo (3), se ly­ke af­ge­kom het. Ye­la was met va­kan­sie in Suid-A­fri­ka en die kin­ders het by hom in Hout­baai ge­kui­er.

Wil­li­am Booth, Ye­la se pro­ku­reur, en die staat het gis­ter hul slot­be­toë in die borg­to­gaan­soek by die hof in­ge­dien. Vol­gens Booth is die staat se saak op om­stan­dig­heids­ge­tui­e­nis ge­bou en kan sy kli­ënt nie di­rek met die twee­ling se dood ver­bind word nie.

Land­dros Gool­am Ba­wa sal op 28 Sep­tem­ber uit­spraak in die borg­to­gaan­soek le­wer. – S­hant el Mo­ses

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.