Da­tum van voor­ver­hoor vas­ge­stel ná gas­te­huis­moord in Ei­ke­stad

Die Burger - - Aktueel - May­ge­ne de W ee

’n Hoog­swan­ger Ni­co­le Gel­den­huys, haar kê­rel, Ro­meo Hen­dricks, en twee an­der mans, En­ri­co Mal­her­be en An­dré Coet­zee, het gis­ter vir die eer­ste keer in ’n voor­ver­hoor in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ver­skyn.

Die vier­tal word daar­van be­skul­dig dat hul­le op 16 Fe­bru­a­rie van­jaar ’n 80-ja­ri­ge vrou in haar gas­te­huis in Pa­ra­dys­kloof, S­tel­len­bosch, ver­moor het.

Die ver­hoor is gis­ter vir nog ’n voor­ver­hoor tot 13 Ok­to­ber uit­ge­stel. Die staats­aan­kla­er, adv. Ma­ria Mars­hall, het aan die hof ge­noem dat regs­hulp vir die vier aan­ge­stel is, maar daar is nog nie­mand op re­kord nie.

“Ons hoop om op 13 Ok­to­ber te weet wie vir hul­le op re­kord is,” het sy ge­sê.

Die ver­hoor­da­tum is van 6 No­vem­ber tot 14 De­sem­ber.

Die vier staan te­reg op aan­klag­te van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en roof.

Hul­le word daar­van be­skul­dig dat hul­le Ma­rie Ver­wey op 16 Fe­bru­a­rie van­jaar in haar gas­te­huis, Vil­la Mer­we, ver­moor het.

Lui­dens die ak­te van be­skul­di­ging het hul­le haar aan­ge­rand en van on­der meer ’n di­gi­ta­le ka­me­ra en ju­we­le van so­wat R767 870 be­roof.

Die staat be­weer hul­le het Ver­wey ver­skeie ke­re met ’n skerp voor­werp ge­steek.

Gel­den­huys het in ’n ver­kla­ring wat in haar aan­soek om borg­tog by die hof in­ge­dien is, ge­sê sy het al drie jaar ge­le­de aan die i­dee be­gin dink om Ver­wey te be­roof.

Fo­to: F ACEBOOK

Ni­co­le Gel den­huys en haar kêr el, Ro­meo Hen­drick s.

Fo­to: VER SKAF

Die v er­moor­de Ma­rie V er­wey.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.