Vroue leef nou 13,2 jaar lan­ger in SA as in 2006

Die Burger - - Aktueel - Ren­eil­we Dhludhlu

’n Stu­die wys dat ’n SuidA­fri­kaan­se man wat in 2016 ge­bo­re is na ver­wag­ting tot 59,2 jaar kan leef en ’n vrou tot 65,5 jaar.

’n Stu­die deur die jaar­lik­se Glo­bal Bur­den of Di­se­a­se (GBD) het be­vind dat dit ’n toe­na­me van 9,5 jaar is vir mans in ver­ge­ly­king met ’n de­ka­de ge­le­de. Vir vroue be­te­ken dit 13,2 jaar lan­ger as van 2006.

Al het die le­wens­ver­wag­ting toe­ge­neem, suk­kel SuidA­fri­ka steeds met MIV/vigs, pad­on­ge­luk­ke en ge­weld wat baie jong men­se dood­maak.

Vol­gens die stu­die bly vet­sug, kon­flik en gees­tes­on­ge­steld­heid’ n“drie­hoek van pro­ble­me” wat ver­hoed dat men­se lank en ge­son­de le­wens het.

“Die le­wens­ver­wag­ting in Suid-A­fri­ka neem vin­nig toe, maar dit be­te­ken nie dat ons ge­son­der le­wens ge­niet nie,” sê prof. C­har­les S­hey Wiys­on­ge, di­rek­teur van Co­chra­ne South A­fri­ca en me­de­skry­wer van die stu­die.

“Oor­draag­ba­re siek­tes soos MIV, mo­tor­on­ge­luk­ke en vlae van ge­weld neem die le­we van te veel Suid-A­fri­ka­ners, ver­al jong men­se. Suid-A­fri­ka is een van die min lan­de in die wê­reld waar die aan­tal ge­son­de ja­re wat mans en vroue kan ver­wag oor die af­ge­lo­pe 25 jaar ge­daal het. Ons het baie werk om te doen.”

Hy sê van­jaar se GBD be­staan uit vyf vra­e­stel­le wat diep­gaan­de ont­le­dings verskaf van le­wens­ver­wag­ting en mor­ta­li­teit, oor­sa­ke van dood, al­ge­he­le siek­te­las, ja­re met ge­stremd­heid en ri­si­ko­fak­to­re watt ot ge­sond­heid s­ver­lies lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.