Cas­si­ni maak laas­te bui­ging; dis­in­te­greer ná net meer as ’n mi­nuut

Die Burger - - Aktueel - El­sa­bé B­rit s

Die Cas­si­ni-tuig se laas­te se­kon­des was ’n ge­veg om sy an­ten­nas na die aar­de te rig so­dat so­veel moont­lik da­ta nog te­rug­ge­stuur kon word.

Op die heel laas­te was daar so­veel krag soos dié van ’n “hal­we haar­dro­ër” oor, maar die tuig het sy werk ge­doen.

Pre­sies 14:12 (Suid-A­fri­kaan­se tyd) het die sen­ding­be­heer ge­sê: “Ons ver­loor sein.”

Cas­si­ni het 13 jaar lank “’n marathon om Sa­tur­nus ge­hard­loop, tot op die heel laas­te oom­blik toe kos­ba­re da­ta nog deur­ge­stuur is. Die laas­te fo­to’s is Don­der­dag­aand deur­ge­stuur”, het dr. Lin­da S­pil­ker, ’n pro­jekwe­ten­skap­li­ke, in’ n reg­streek­se uit­sen­ding ge­sê.

Cas­si­ni is in 1997 ge­lan­seer en het se­we jaar na Sa­tur­nus ge­reis.

Die tuig is gis­ter­mid­dag (SuidA­fri­kaan­se tyd) in ’n be­heer­de ma­neu­ver deur Na­sa se Jet Pro­pul­si­on La­bo­ra­to­ry na Sa­tur­nus laat daal.

Dit het bin­ne 70 se­kon­des ge­dis­in­te­greer en 90 se­kon­des na­dat dit in kon­tak was met die at­mos­feer, vol­gens die uit­sen­ding.

Dr. Earl Mai­ze, hoof­pro­jekwe- ten­skap­li­ke van die Cas­si­ni-sen­ding, sê die laas­te sein wat Cas­si­ni ge­stuur het, het die aar­de 86 mi­nu­te la­ter be­reik.

Vol­gens Na­sa het die tuig van 2,5 t teen die ein­de soos be­plan na die pla­neet se at­mos­feer ge­sak en we­ten­skap­li­ke da­ta ge­stuur so­lank as wat die klein stu­wers die an­ten­na na die aar­de ge­rig kon hou.

Cas­si­ni se sen­ding is be­ëin­dig om­dat sy brand­stof by­na op is. Die doel met die dis­in­te­gra­sie is om die om­ge­wing vir toe­koms­ti­ge sen­dings skoon te hou.

Jim G­reen, di­rek­teur van Na­sa se pla­ne­tê­re sen­dings, het in die uit­sen­ding die waar­de van die ma­ne Ti­tan en En­ce­ladus as plek­ke vir moont­li­ke le­we uit­ge­wys.

Voor­dat die tuig 13 jaar by Sa­tur­nus en sy ve­le ma­ne deur­ge- bring het, het die mensdom net ’n vin­ni­ge blik ge­had toe Pi­o­neer 11 en Voy­a­ger 1 en 2 ver­by­ge­vlieg het.

Cas­si­ni het ook die Eu­ro­pe­se ruim­te­a­gent­skap se Huy­genstuig ge­dra.

Dit het in Ja­nu­a­rie 2005 op Sa­tur­nus se groot­ste maan, Ti­tan, ge­land. Dit was die eer­ste keer dat ’n tuig so ver in die son­ne­stel­sel ge­land het.

Fo­to: NA SA

Een v an die l aas­te f oto’s w at Cas­si­ni v an­dees­week v an Sa­tur­nus s e ring e g e­neem het .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.