‘My werk is nie ’n stuk vel nie’

Die K aap­se dig ter Jol yn P­hil lips l aat die taal ton­ge kl ap. ’ n K ort­ver­haal­bun­del het v er­le­de jaar ver­skyn en s o p as die dig­bun­del R ad­braak. Dié boor­ling v an Gansb aai het met Mar­chel­le v an ge­sels k ort v oor P­hil lips s e op­tr ede b y die di

Die Burger - - Kuns & V Ermaak -

Jo­lyn P­hil­lips gee ’n stem aan ’n A­fri­kaan­se ge­meen­skap wat deur haar ka­rak­ters ont­sluit word. Daar word soms na haar ver­wys as ’n op­win­den­de nu­we bruin of swart stem. Haar werk is eg­ter nie ’n stuk vel nie, sê sy.

“In my skryf­wê­reld en my taal­wê­reld is ras so sim­pel. Dit kan nie le­we nie, dit het nie a­sem nie, dit het nie be­ne nie, dit het nie den­ke nie. Dit is iets wat ge­plaas is op ’n mens. So dis in­te­res­sant dat men­se sê my werk is ’n stuk vel. Ek voel my werk is aan­me­kaar­ge­sit en le­we in­ge­blaas en praat met ’n taal wat aan hul­le (die ka­rak­ters) be­hoort, wat net hul­le s’n is. Vel is te op­per­vlak­kig. Die spre­kers en die ka­rak­ters kom wys vir jou hul mens, hier bin­ne.”

Lek­tor, s tu­dent en mens

P­hil­lips is on­pre­ten­si­eus. As jy ver­by haar sou stap in die straat, sou jy dalk net ’n stu­dent sien – sy is be­sig met ’n dok­tors­graad aan die U­ni­ver­si­teit van Wes-Kaap­land en werk ook daar as lek­tor.

“Dit is so moei­lik om net méns te wees. En dis so moei­lik vir my spre­kers om te doen wat hul­le moet doen om by hul be­stem­mings uit te kom. Maar fik­sie gee vir jou daai vry­heid om die si­tu­a­sie, jou des­tiny, te ver­an­der. Al is dit net vir ’n oom­blik, al is dit net vir twee mi­nu­te.”

P­hil­lips se eie reis klink na ’n sto­rie uit haar bun­del. Sy het ’n beurs ge­kry om ná skool te gaan stu­deer – die eer­ste in haar fa­mi­lie. En dis hier in die Kaap waar sy uit ver­lan­ge na haar men­se be­gin skryf het.

Skryf be stry t oe die v er­lan­ge

“Ek kom van Gans­baai af. Ek het klaar ma­triek ge­maak en my ou­ers was baie bang, want nie­mand van ons het nog u­ni­ver­si­teit toe ge­gaan nie. Ek het ’n twee­de kans ge­kry en net nog nooit weer te­rug­ge­kyk nie.

“My taal was vir my be­lang­rik toe ek in die Kaap kom bly het. Ek kon nie re­la­te tot die men­se, die plek­ke nie. Ek het die sto­ries ge­skryf van­uit ’n plek van ont­hou, die huis mis. Die taal . . . het my laat op­staan in die og­gend om aan te gaan. Dit is daar­die plek wat ek vir my­self ge­skep het om te ver­toef met my taal.

“Dit was die kom­bers van my land­skap,” ver­tel sy.

Rad­braak het kort op haar kort­ver­haal­bun­del T­jieng tjang tjer­ries, wat sy as deel van haar mees­ters­graad ge­skryf het, ge­volg. Taal is ’n sterk te­ma in Rad­braak. Som­mi­ge men­se noem haar werk Kaaps of A­fri­kaaps.

Wat noem jy jou werk?

“Dis A­fri­kaans! Ek is ’n sim­bi­o­se van ver­skil­len­de A­fri­kaan­se. Dis ’n tric­ky ding, want ek wil my­self baie graag ’n A­fri­ka­ner noem, maar die woord het so­veel his­to­rie­se . . . dit dra so swaar. Ek kan nie my­self A­fri­ka­ner noem in A­fri­kaans nie, maar ek kan my­self A­fri­can noem. So ek kan sê: I am from A­fri­ca, I’m an A­fri­can, maar ek kan nie in A­fri­kaans sê ek is ’n A­fri­ka­ner nie. Ek moet sê ek is ’n A­fri­kaans­spre­ken­de.”

Waar k om die naam R ad­braak van­daan?

“Ek het al die Der­ti­gers en Se­s­ti­gers plat­ge­lees. Dis soos om in ’n tuin te stap en al die le­wens so te sien. Dis ’n moei­li­ke blom­tuin,” lag sy.

“Op die oom­blik is my guns­te­ling de­fi­ni­tief Wil­ma S­toc­ken­ström. Ek is so ex­ci­ted dat haar werk by die Tuin van Dig­ters ge­hul­dig word. Ek dink na­dat ek Die kre­me­tar­teks­pe­di­sie ge­lees het, het ek ge­sê ek gaan nooit weer skryf nie,” spot sy.

“En dit is by haar waar ek die woord ‘rad­braak’ op­ge­tel het. Men­se is in ’n wiel ge­sit en hul be­ne is ge­breek. Tor­tu­re was al­ways in­flicted to get in­for­ma­ti­on. En ek dink toe by my­self, dís waar ek moet be­gin. Dit is wat ek in my taal doen. Daar is let­ter­lik tye waar ek die taal so knars, breek. Om iets uit dit uit te kry wat ek wou ge­had het.”

So w at w ag daar nou vir jou ?

“Om nuut te be­gin. Nuut te breek, af te breek, op te breek. Soos wat ek in Rad­braak ge­doen het. Ek weet nie hoe dit vol­gen­de keer gaan wees nie. El­ke keer as jy klaar ge­skryf het, maak dit iets oop. Maak dit ’n deur oop. Bring dit jou na­der aan die wa­re be­stem­ming waar jy moet wees.”

■ P­hil­lips en Cor­né Coet­zee ge­sels van­mid­dag om 15:30 in die B­rey­ten­bachsen­trum by die Tuin van Dig­ters op Wel­ling­ton met C­harl-Pier­re Nau­dé oor hul be­son­der­se de­buut­dig­bun­dels. P­hil­lips tree ook om 20:30 saam met Ri­ku L­ät­ti en die Was­goed­lyn op, waar sy van haar eie toon­set­tings sal sing.

Vel is t e op­per­vlak­kig. Die spre­kers en die ka­rak­ters k om wy s vir jou hul mens , hier bin­ne .

— JOL YN PHILIP S

Jo­lyn P­hil lips

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.