Ons gaan ’n pyn­li­ke rug­by­les kry

Die Burger - - Kommentaar - Chris de V os, Je ffreys­baai

“Ai, ons rug­by is da­rem nou goed deur­me­kaar met die Vry­staat wat in die bui­te­land met 28 spe­lers speel en dan moet die oor­bly­wen­des ge­dug­te plaas­li­ke span­ne aan­durf,” moet ek van ou K­wag­ga hoor.

Ver­der vra hy my waar is die goeie tye dat rug­by ’n win­ter­sport was, ter­wyl krie­ket in die so­mer­sei­soen ge­speel is, en hoe­kom word rug­by dees­dae 12 maan­de van die jaar ge­speel? Die Pro14 is ge­ske­du­leer vir ne­ge maan­de, wat moont­lik die ein­de van die Cur­rie­be­ker-rug­by kan ver­oor­saak.

En is my ou maat nie kwaad vir die rug­by­ba­se van Nu­we­land wat net 25 000 kaar­tjies vir die All Black-toets be­skik­baar ge­stel het nie. En dan is die kaar­tjies só duur dat die toets om­trent net deur die ryk on­der­steu­ners by­ge­woon kan word. Die man­ne van die Kaap wat so graag die All Blacks on­der­steun, sal maar by die huis moet bly.

Hoe­kom dan nie maar die toets in die Kaap­stad-sta­di­on gaan speel wat baie meer toe­skou­ers kan ak­kom­mo­deer nie – en teen be­kos­tig­ba­re pry­se? Dit sou be­slis ’n be­ter op­sie ge­wees het.

K­wag­ga waar­sku Al­lis­ter Coet­zee ook, wat tot dus­ver baie goed doen. Hy sê die ko­men­de toet­se teen die Aus­sies en die All Blacks gaan Coet­zee nog baie sla­pe­lo­se nag­te be­sorg, “want ons gaan ’n rug­by­les kry wat seer­maak”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.