Dit lyk of Sas­sa­toe­laag tei­ken mis

Die Burger - - Kommentaar - Re­a­lis, S tel­len­bosch

Be­kom­mer­de ou­er van Wel­ling­ton se brief “Gee koop­be­wy­se eer­der as toe­lae” (13.09) ver­wys.

Ek het on­langs self ge­sien wat ge­beur met ’n kin­der­toe­laag. Met haar Sas­sa-toe­laag van R350 het ’n en­kel­ma van ’n voor­skool­se seun­tjie die vol­gen­de ge­koop: een ge­wo­ne C­hec­kers-brood, ’n groot hou­er“spe­si­a­le aan­bod ”grond­boon­tjie­bot­ter ,18 ei­ers en een en­ke­le toi­let­wa­re-i­tem. (Dié vier is op my aan­be­ve­ling ge­koop.) Daar­na het sy R50 se koop­krag ge­koop. Die kos­te was al­te­saam R130.

Maar so­wat ’n dag la­ter was die res van die Sas­sa-geld (R220) reeds al­les uit­ge­gee op “din­ge” wat sy ag­ter­na nie meer kon wys of ont­hou nie.

Dié vrou het tans geen vas­te werk nie, en geen le­wens­maat of fa­mi­lie wat in staat is om haar en haar seun te on­der­hou nie.

Ek on­der­steun dus “Be­kom­mer­de ou­er” se brief. Weens wan­be­ste­ding van kin­der­toe­la­es gaan die kin­ders op die ou end met leë mae slaap, en gaan hul­le ook so crè­che of skool toe.

Koop­be­wy­se vir kos en kle­re (en moont­lik koop­krag) is dalk wat die staat moet oor­weeg.

Die geld word dui­de­lik op al­ler­han­de an­der goe­de­re uit­ge­gee, eer­der as op die ver­sor­ging van die kin­ders.

Die tei­ken word dus ge­mis!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.