Sou só ie ts van­dag nog ge­beur?

Die Burger - - Kommentaar - P. en N. Jor daan, S uid­Kaap

In Blou­wil­le­maan­dag lees ons van sy seun se vriend wat ont­steld was oor sy pa se re­ak­sie toe hy vra vir geld om ’n nu­we skoot­re­ke­naar te kan koop. In plaas van geld, stuur sy pa toe vir hom ’n skoot­re­ke­naar.

Dit het ons her­in­ner aan die ses­ti­ger­ja­re op S­tel­len­bosch toe ons al­mal maar met ons skool­fiet­se daar aan­ge­kom het. Die mooi­ste sto­rie uit daar­die tyd was oor Hen­drik Ver­woerd jr. wat ook met sy ou skool­fiets as ver­voer­mid­del by Dag­breek op- ge­daag het. Dr. Ver­woerd het hom laat weet dat die fiets niks ma­keer nie, maar dat hy vir nu­we ban­de sal be­taal.

Die te­leur­ge­stel­de Hen­drik het sy ou fiets maan­de lank on­ge­sluit bui­te die kos­huis laat staan, maar tot sy ver­de­re te­leur­stel­ling wou nie­mand dit steel nie!

Die ver­haal het tog ’n ge­luk­ki­ge ein­de, want as se­ni­or stu­dent het Hen­drik nie weer by sy pa aan­ge­klop vir ’n mo­tor nie, maar self een op­ge­bou met aan­ko­pe van twee­de­hand­se on­der­de­le! Sou so iets van­dag nog ge­beur?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.