S­mok­kel­per­le­moen ‘ word ver­nie­tig’

Die Burger - - Kommentaar - Bok­kie Gr o­bler, So­mer set­Wes

Lud­wig Vis­ser van Van­rhyns­dorp won­der (13.09) wat word van die s­mok­kel­per­le­moen waar­op die po­li­sie be­slag lê. Ek het die SAPD se web­werf be­soek (www.saps.gov.za) en blyk­baar gaan nie­mand die ge­not put om van dié per­le­moen te eet nie.

Per­le­moen en kreef waar­op be­slag ge­lê word, word eer­stens in die SAPS 13-re­gis­ter aan­ge­te- ken by die kan­toor wat vir die in­heg­te­nis­ne­ming van die ver­dag­tes ver­ant­woor­de­lik was. Daar­na word dit aan die de­par­te­ment van vis­se­rye vir ber­ging oor­han­dig.

Ná af­han­de­ling van die saak word die per­le­moen deur ’n po­li­sie­of­fi­sier teen die re­gis­ter ge­kon­tro­leer, waar­na dit in sy teen­woor­dig­heid ver­nie­tig word.

Dit werp dalk lig op die saak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.