Ek gee ‘7de Laan ’ nog tyd, maar . . .

Die Burger - - Kommentaar - El­sa v an der W att, U nie­dal

Ek stem vol­ko­me saam met Ne­lia Geel (06.09) dat 7de Laan sy mo­re­le kom­pas ver­loor het.

Jus­tin en Ma­ri­aan se ge­meen­heid is so laag en gru­saam dat ’n mens wil weg­hard­loop.

Ook die an­der ka­rak­ters het ver­vlak. Met hul klein­se­ri­ge ge­kef na me­kaar klink hul­le soos ’n spul be­dor­we kin­ders.

’n Mens kan jou­self reg­tig nie meer met hul­le ver­een­sel­wig of vir hul­le lief word nie.

Ou­baas en Hil­da se ver­kwik­ken­de lief­de en ma­ne­wa­les is weg. En C­har­mai­ne is nie meer die wy­se en al­les­be­gry­pen­de moe­der­mens nie.

Nee wat, ek gee 7de Laan nog tyd, want ek was ja­re lank ver­sot op die se­pie, maar as dit nie gou ver­be­ter nie, sluit ek my ky­ke­ry af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.