Gee Co­mair ’ n kans om die S AL te be­dryf

Die Burger - - Forum - G. Cl oe­te, Her­ma­nus

As ek reg ont­hou, was die win­kel­groep OK Ba­zaars (1929) Bpk. op die rand van ban­krot­skap toe dit vir ’n ska­me­le R10 aan S­hop­ri­te/C­hec­kers ver­koop is. Die nu­we ei­e­naar het dit her­struk­tu­reer en die OK is steeds met ons.

Co­mair het be­wys dat hy kan oor­leef, selfs ter­wyl hy te­vre­de moes wees met die krum­mels wat die SAL hom toe­ge­wys het, soos roe­tes na Wel­kom en P­ha­la­bor­wa. En hy het al­tyd ’n wins ge­maak en maak dit steeds, op roe­tes waar hy met die SAL mee­ding.

Na be­rig word (13.09), is Co­mair in Fe­bru­a­rie ’n ska­de­ver­goe­dings­eis van R554 mil­joen teen die SAL toe­ge­staan, wat die SAL op ap­pèl neem. In sy teen­ap­pèl eis Co­mair R1,9 mil­jard.

Co­mair kan dit maar op sy kor­po­ra­tie­we maag skryf en met ’n nat lap af­vee. Maat­re­ëls, soos om op ba­tes be­slag te lê, sal niks ver­mag nie. Al die SAL-vlieg­tuie is óf te oud en waar­de­loos óf hul­le is ge­huur­de vlieg­tuie.

So, waar­om nie kre­a­tief wees nie. Skik vir R554 mil­joen en ver­kry ’n 51%-aan­deel in die SAL op voor­waar­de dat die naam be­hou word en die oor­na­me net ’n be­paal­de tyd­perk geld.

Op die kort ter­myn sal her­struk­tu­re­ring se­ker­lik oor­tol­li­ge vet moet af­skud, maar op die lan­ge duur kan dit weer werk­ge­leent­he­de skep. Dit is ook baie be­ter as die on­af­wend­ba­re ban­krot­spul waar­op ons af­stuur.

Gee Co­mair ’n skoon blad­sy en laat hy wys dat dit ge­doen kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.