JSE weer te­rug waar hy ver­le­de week was

Die Burger - - Forum - Fran­cois Wil li­ams

Die JSE kon maar net so­wel die af­ge­lo­pe week toe­ge­maak en al­mal huis toe ge­stuur het, want die beurs was gis­ter om­trent op die­self­de plek waar hy die vo­ri­ge Vry­dag ge­sluit het.

Hoe­wel din­ge teen Dins­dag goed be­gin lyk het toe die in­deks van al­le aan­de­le ’n week­hoog­te­punt van 56 366 be­haal het, was dit daar­van­daan net af­draand – deels weens in­ter­na­si­o­na­le mark­sei­ne, maar ook wis­sel­val­li­ge plaas­li­ke maat­skap­py­n­uus.

Ho­sken Con­so­li­da­ted In­ves­t­ments (HCI),

die ge­no­teer­de be­leg­gings­arm van die kle­re­wer­kers­vak­bond Sact­wu, was gis­ter la­er op R128,50 na­dat die Me­de­din­gings­tri­bu­naal ’n stok­kie ge­steek het voor sy ver­soek dat sy voor­ge­no­me oor­na­me van

T­so­go Sun nie toe­stem­ming van die me­de­din­gings­o­wer­he­de be­no­dig nie. T­so­go Sun se aan­deel­prys was self la­er op R21,30.

Die se­ment­ver­vaar­di­ger PPC se aan­deel­prys was op sy beurt gis­ter in ’n sta­di­um skerp op tot R6,51 maar het daar­na weer ewe skerp te­rug­ge­sak tot on­der R6,35 te mid­de van ’n ge­vry­e­ry ag­ter hom aan. Gis­ter het PPC meer be­son­der­he­de be­kend ge­maak oor die aan­bod van die Ka­na­de­se groep Fai­r­fax en sy plaas­li­ke se­ment­me­de­din­ger A­friSam. Dit kom ter­wyl die Ni­ge­rie­se groep Dan­go­te Ce­ment ook van­dees­week aan­ge­dui het hy stel be­lang om PPC oor te neem. Vol­gens PPC se on­af­hank­li­ke raad wat Fai­r­Fax en A­friSam se oor­na­me­aan­bod be­stu­deer het, is die aan­bod­prys van R5,75 per aan­deel te laag. Die raad het eg­ter nog nie die aan­bod ver­werp nie en wag nog vir ’n ver­slag van ’n on­af­hank­li­ke kun­di­ge voor­dat hy ’n fi­na­le me­ning vorm, blyk uit die do­ku­men­te wat hy gis­ter op sy web­ruim­te ge­pu­bli­seer het.

Be­leg­gers lek in­tus­sen hul lip­pe af vir die no­te­ring vol­gen­de week van S­tein­hoff A­fri­ca ( S­tar), wat S­tein­hoff se plaas­li­ke klein­han­del­be­lan­ge sal huis­ves en vol­gens ont­le­ders vir be­leg­gers bloot­stel­ling aan Pep en Ac­ker­mans gee. S­tar het gis­ter laat weet be­leg­gers het in ’n pri­va­te pla­sing R20,50 per aan­deel vir sy aan­de­le be­taal. S­tar gaan ook met­ter­tyd be­heer oor S­hop­ri­te uit­oe­fen. S­hop­ri­te se aan­deel­prys was Vry­dag 1,5% la­er op R208,59.

Die hoen­der­boer­de­ry So­ve­r­eign Foods

was gis­ter on­ver­an­derd op R11,75 on­danks die feit dat die Me­de­din­gings­tri­bu­naal teen die Me­de­din­gings­kom­mis­sie se goed­keu­ring van sy be­oog­de sa­me­smel­ting met Coun­try Bi­rd be­sluit het. Die kom­mis­sie het die sa­me­smel­ting voor­waar­de­lik goed­ge­keur, maar die tri­bu­naal meen die kom­mis­sie moet weer gaan be­sin.

■ In die week wat kom, gaan Au­gus­tus se ver­brui­kers­prys­in­fla­sie Woens­dag be­kend ge­maak word en die Re­ser­we­bank be­sluit Don­der­dag weer oor ren­te­koer­se.

■ Op die in­ter­na­si­o­na­le mark­te was beur­se gis­ter wis­sel­val­lig. Die Eu­ro­pe­se beur­se was al­mal la­er, maar A­sië was po­si­tief. Teen druk­tyd was die Dow Jo­nes in New York ho­ër, maar die S&P500 ef­fens la­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.