Aan­deel­hou­ers sê ja vir nu­we naam vir PFF

Die Burger - - Forum - Niel Jou­ber t

P­re­mier Food and Fis­hing (PFF), die vis­se­ry wat in Maart op die JSE ge­no­teer het, spog nou met ’n nu­we naam.

Die maat­skap­py se aan­deel­hou­ers het goed­keu­ring ge­gee vir die ver­an­de­ring van die maat­skap­py se naam na P­re­mier Fis­hing and Brands (PFB).

Die meer­der­heid van aan­deel­hou­ers het Don­der­dag op ’n al­ge­me­ne ver­ga­de­ring ten guns­te van die naams­ver­an­de­ring ge­stem, sê die maat­skap­py.

Sa­mir Sa­ban, uit­voe­ren­de hoof van PFB, sê in ’n ver­kla­ring die naams­ver­an­de­ring is die be­gin van ’n “nu­we en op­win­den­de tyd­perk” vir die maat­skap­py ná sy suk­ses­vol­le no­te­ring vroe­ër van­jaar.

PFB is ’n fi­li­aal van die be­mag­ti­gings­groep AEEI.

K­ha­lid Abdul­la, ad­junk­voor­sit­ter, sê die di­rek­sie is in­ge­no­me met die on­der­steu­ning van die aan­deel­hou­ers.

Die maat­skap­py maak sy re­sul­ta­te vir die boek­jaar tot ein­de 31 Au­gus­tus teen ein­de Ok­to­ber be­kend.

In die half­jaar tot ein­de Fe­bru­a­rie het sy be­dryfs­wins met 12% tot R18 mil­joen ge­klim.

Sy ver­dien­ste per aan­deel het met 33% tot 12,68c ge­styg, en die om­set was 7% ho­ër op R182 mil­joen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.