Stil­stil ’ n gr oot g ees

Ter­wyl Ni­zaam Carr op S pring­bok­vlak in ong uns v er­val het , is hy om ’ n p aar r e­des ’ n g e­vier­de spe­ler in die W es­te­li­ke P ro­vin­sie. S­te­phen Nel l het g aan k yk na die man w at p as s y 50s te wed­stryd vir die S treep­truie g e­speel het .

Die Burger - - Sport -

Ryk, arm, wit, bruin, swart, A­fri­kaans, En­gels, X­ho­sa, Chris­ten en Mos­lem met so­wat 100 klubs wat daar­die di­ver­si­teit weer­spie­ël.

Soms lei die brou­sel uit daar­die kook­pot tot kon­flik in die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie, maar an­der ke­re is daar ar­gi­tek­te wat hul bes doen, en daar­in slaag, om brûe te bou.

Een van hul­le is Ni­zaam Carr, wat gis­ter­aand teen die Pu­mas in M­bom­be­la ’n 50ste keer vir die S­treep­truie op­ge­draf het.

Op na­si­o­na­le vlak is hy dees­dae in on­guns – waar­skyn­lik om­dat daar ’n stre­we is om die S­pring­bok­ke se los­trio met meer fi­sie­ke spe­lers aan te vul.

In die WP kan daar eg­ter nie méér waar­de­ring vir Carr wees nie. Nie bloot om­dat hy vir die S­treep­truie in die Cur­rie­be­ker-reeks en S­tor­mers in die Su­per­reeks ’n staat­ma­ker­spe­ler is nie, maar ook om­dat hy ’n am­bas­sa­deur vir die Mos­lem-ge­meen­skap is.

Só trap hy in die spo­re van le­gen­des voor een­wor­ding in Suid-A­fri­kaan­se rug­by – wy­le Sa­lie F­re­de­ricks, wat deur wy­le dr. Da­nie Cra­ven as ’n “skit­te­ren­de ster in die he­mel” be­skryf is, en Cas­siem Ja­baar, ’n ge­vier­de skrum­ska­kel wie die voor­ma­li­ge Bok­kap­tein Mor­né du P­les­sis wens hy as span­maat kon ge­had het.

Van die Mos­lem-spe­lers se­dert een­wor­ding in 1992, is Carr waar­skyn­lik die be­kend­ste.

En son­der om po­li­tiek kor­rek­te brood­jies te wil bak, word dit in die WP-rug­by­ge­meen­skap be­lang­rik ge­ag dat al die plaas­li­ke ge­meen­skap­pe in sy span­ne ver­teen­woor­dig word. Al­lis­ter Coet­zee het die be­te­ke­nis daar­van be­gryp en daar­om is hy van­dag ’n Bok­af­rig­ter wie se mo­tie­we met span­keu­ses nie op re­ge­rings­vlak in twy­fel ge­trek word nie.

Vir Carr se by­drae om broe­der­skap in span­ver­band te ves­tig, is daar by die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie Rug­by­u­nie (WPRU) se pre­si­dent, T­he­lo Wa­ke­field, diep waar­de­ring.

“Hy het die span Bo-Kaap toe ge­neem so­dat hul­le in­sig in en waar­de­ring kry vir die kul­tuur. Dít het vir Siya Ko­li­si ge­noop om die span M­zo­li’s (’n re­stau­rant in Gu­gu­let­hu) toe te neem,” sê hy.

“Dis daar­die soort ding wat broe­der­skap ves­tig en sorg dat jy krag uit di­ver­si­teit kan put.

“Ni­zaam is ’n or­dent­li­ke mens en ge­lo­wig. In Mos­lem­tra­di­sie bid hy al­tyd voor­dat hy op die veld draf en is hy nie skaam oor sy ge­loof nie.”

Carr se nug­te­re leef­styl word ook hoog op prys ge­stel.

Dan is daar, soos Wa­ke­field sê, die or­dent­lik­heid.

Toe hy ver­le­de jaar in I­ta­lië hoor dat ’n joer­na­lis se vrou siek was, het hy by die Bok­ke se span­dok­ter om doe­pa gaan aan­klop en in die ont­byt­lo­kaal ge­wag om dit vir die o­li­ke da­me te gee.

Se­dert sy bui­ging in 2014 het Carr nog net in vyf toet­se ge­speel en dit gaan lol om in die na­bye toe­koms daar­op voort te bou. Om mee te be­gin, speel hy op agt­ste­man in die po­si­sie van die Bok­ke se be­seer­de kap­tein, War­ren W­hi­te­ley, en dán is daar die kwes­sie dat Coet­zee dalk ’n be­hoef­te aan swaar­der los­voor­spe­lers het.

John Dob­son, die WP se af­rig­ter, meen tog dat Carr op 26 nog nie die laas­te hoof­stuk van sy Bok-loop­baan ge­skryf het nie.

“Ni­zaam is ab­so­luut uit­staan­de in ons veld­tog van­jaar. Hy speel met baie flair op die aan­val, maar as span werk ons hard aan ons kon­tak­vaar­dig­he­de en dis waar hy werk­lik sy stem­pel af­ge­druk het,” sê Dob­son.

“Hy is steeds baie am­bi­si­eus en ek is se­ker hy kan weer ’n plek in die Bok-groep oop­speel.”

Selfs al slaag Carr nie daar­in nie, moet hy lof kry vir sy by­drae tot rug­by in die WP. Maar kom ons hoop hy word weer Bok, want dit sou be­swaar­lik met ’n or­dent­li­ker man kon ge­beur het.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ni­zaam Carr w as die S pring­bok­ke s e spel­br e­ker t oe hul le op 201 4 s e jaar eind­toer g es­pook het om I­ta­lië in P a­do­va t e kl op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.