Groot bo­nus­se op spel

Die Burger - - Sport - Ann­chen Nel

Twee pas­aan­ge­ërs elk vir die voor­ste mans en vroue moet mô­re ver­se­ker dat blits­tye in die Kaap­stad-marathon aan­ge­te­ken word.

A­se­fa Ne­ge­wo van E­thi­o­pië het ver­le­de jaar ’n re­kord­tyd van 2 uur 8 mi­nu­te 41 se­kon­des vir ’n marathon op Suid-A­fri­kaan­se bo­dem be­haal.

Die roe­te deur die Moe­der­stad is daar­na nóg vin­ni­ger en nóg plat­ter ge­maak met min­der draaie so­dat meer deel­ne­mers blits­tye kan be­haal.

Die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen sal sterk uit­ge­daag word deur die Ke­ni­a­ne La­ban Mu­tai (2:08:01), Sa­mu­el Mas­wai (2:08:51) en Dun­can Mai­yo (2:09:25) en Se­bo­ka Ni­gus­se van E­thi­o­pië (2:09:14).

Van be­lang vir Suid-A­fri­ka is El­roy Ge­lant se de­buut in die marathon.

Dié O­lim­pie­se at­leet is die Suid-A­fri­kaan­se re­kord­hou­er in die 5 000 m. Hy is die vin­nig­ste in die veld oor die 5 000 m,

10 000 m en die half­ma­ra­thon, maar gaan die 42,2 km dalk net te ver wees?

Ge­lant was ver­le­de jaar een van twee pas­aan­ge­ërs vir die e­li­te-mans en het toe ’n voor­sma­kie ge­kry van die lan­ger af­stand.

Hy het toe net 30 km ge­hard­loop. Ge­lant is eg­ter po­si­tief en het gis­ter in Kaap­stad ge­sê hy het ’n fyn uit­ge­werk­te plan om 2:10:30 te hard­loop.

“Ek sal by die 35 km-merk weet of ek nóg vin­ni­ger sal kan klaar­maak.

“Ek het ver­le­de jaar ’n goeie ge­voel van die marathon ge­kry. Ek het eg­ter groot re­spek vir die marathon,” sê Ge­lant.

Sy bes­te tyd in die half­ma­ra­thon is 61:10.

Lun­gi­le Gong­qa, 2015 se naas­wen­ner, is weer ’n sterk aan­spraak­ma­ker. Hy het vroe­ër van­jaar die Twee O­se­a­ne-ul­tra­ma­ra­thon ge­wen.

Dié Ka­pe­naar se tyd van 2:11:59 in 2015 is sy bes­te nog in die marathon.

Glad­win M­za­zi (2:17:43) en Xo­li­sa Xa­li (2:14:26) is nog twee Suid-A­fri­ka­ners om dop te hou.

Daar was ’n te­rug­slag in die vroue-af­de­ling met die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, Tish Jo­nes, wat haar weens ’n be­se­ring moes ont­trek. ’n Nu­we kam­pi­oen sal dus ge­kroon word.

Die Ke­ni­a­ne Ag­nes Ki­prop (2:23:54) en Do­ris C­han­ge­y­wo en die E­thi­o­pi­ërs Be­tel­hem Mo­ges (2:24:29) en Fan­tu E­ti­cha Jim­ma (2:26:14) is die guns­te­lin­ge.

Jo­nes se wen­tyd ver­le­de jaar was 2:36:13, maar Ela­na Mey­er, ’n wed­loop-am­bas­sa­deur, ver­wag ’n tyd vin­ni­ger as 2:30:00.

Die Gau­ten­ger Le­bo­gang P­ha­lu­la het ver­le­de jaar in haar de­buut-marathon der­de ge­ëin­dig in 2:38:00 en sê sy mik na 2:35:00. Ir­vet­te van Zyl sal ook aan­tree. Sy het van­jaar ge­buk ge­gaan on­der siek­te en be­se­rings en kon haar eers die laas­te agt we­ke be­hoor­lik voor­be­rei.

Die eer­ste at­leet wat die marathon in 2:10:00 (mans) en 2:28:00 (vroue) vol­tooi, ont­vang ’n by­ko­men­de R15 000.

Al­te­saam R100 000 is op die spel vir die eer­ste deel­ne­mer wat die by­een­koms­re­kord ver­be­ter. Die vroue se re­kord­tyd is 2:30:20.

Die eer­ste Suid-A­fri­kaan­se at­leet wat bronstye be­haal (2:16:00 en 2:38:00), ver­dien ’n by­ko­men­de R10 000.

■ Die Pa­ra­lim­pie­se at­leet Ernst van Dyk en S­tu­art M­cC­re­a­die sal voor die marathon aan ’n ver­toon­wed­ren op hand­fiet­se deel­neem.

Fo­to: VER SKAF

Die S uid­A­fri­kaan­se mid­del af­stand­at­leet Elr oy Gel ant (mid­del) w as v er­le­de jaar ’ n p as­aan­ge­ër, maar maak mô­re s y de­buut in die K aap­stad­marathon. Al te­saam 10 000 mens e sal aan die mar athon deel­neem en s o­wat 9 000 aan die vr e­des­wed­loop oor 10 km.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.