Is JP Du­miny se dae as toets­spe­ler ge­tel?

Die Burger - - Sport - Al­tus Mom­ber g

JP Du­miny se af­we­sig­heid in die Ca­pe Co­bras se groep vir die eer­ste meer­dag­wed­stryd van die sei­soen is straks nóg ’n te­ken dat hy nie voort­aan meer be­skik­baar gaan wees om toets­krie­ket vir Suid-A­fri­ka te speel nie.

Du­miny het in Ju­lie – ná die eer­ste toets teen En­ge­land op Lord’s – die trek­pas uit die toets­span ge­kry. Hy het toe voor die ein­de van die reeks te­rug­ge­keer Suid-A­fri­ka toe en daar is toe ook be­spie­gel dat dit op die ein­de van sy toet­s­loop­baan kan dui.

Du­miny en Ver­non P­hi­lan­der is die e­nig­ste van die Co­bras se Pro­tea-spe­lers wat nie van Dins­dag die K­nig­hts in Bloem­fon­tein gaan pak nie.

P­hi­lan­der her­stel nog van ’n rug­be­se­ring.

Of­skoon P­hi­lan­der gis­ter op Nu­we­land ge­oe­fen het, is dit on­waar­skyn­lik dat hy oor 13 dae fiks ge­noeg sal wees om Bangla­desj in die eer­ste toets in Pot­chef­stroom die stryd aan te sê.

As Du­miny wel bin­ne­kort sy uit­tre­de uit meer­dag­krie­ket aan­kon­dig, sal hy steeds be­skik­baar wees vir die Pro­te­as en die Co­bras in wit­bal-krie­ket.

Hashim Am­la, Way­ne Par­nell en die nu­we Co­bra, Tem­ba Ba­vu­ma, gaan wel in die Ka­pe­naars se be­gin­span wees.

Dit is ’n ui­ters be­lang­ri­ke wed­stryd vir die Kaap­se span om te wys dat al die pro­ble­me van ver­le­de sei­soen iets van die ver­le­de is en dat daar dié sei­soen ’n ver­e­nig­de aan­slag uit die Kaap sal kom.

Die span en die streek was ver­le­de sei­soen in twee ge­skeur rond­om die spe­lers se on­te­vre­den­heid met die vo­ri­ge af­rig­ter, Paul A­dams. Dié ge­skil het vir die helf­te van die sei­soen voort­ge­sleep en die Co­bras kon ge­volg­lik nooit be­hoor­lik op dreef kom nie.

Die nu­we brei­er, Ashwell P­rin­ce, glo eg­ter dié pro­ble­me is op­ge­los en die spe­lers is oor­ge­haal om te wys wat in hul­le steek.

JP Du­miny

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.