Hek­kie het hoë hek­kie oor­see

Die Burger - - Sport - Mi­cha­el Gr een

Dis bit­ter moei­lik om wen­ners te voor­spel in die hoof­ge­veg­te van die twee groot boks­toer­nooie wat hier­die na­week plaas­vind.

In Ce­bu City in die Fi­lip­py­ne kom Hek­kie Bud­ler teen Mi­lan Me­lin­do te staan en in Las Ve­gas is dit Gen­na­dy Go­lo­vkin teen Ca­ne­lo Al­va­rez.

Al vier is die be­skry­wing “veg­ter” waar­dig.

Al vier hier­die veg­ters hou daar­van om vo­ren­toe te kom en hul teen­stan­ders met hul vuis­te te ver­nie­tig.

Dit voor­spel twee skit­te­ren­de, me­de­din­gen­de – dalk selfs woes­te – ge­veg­te.

Me­lin­do ver­de­dig van­mid­dag sy lig­vlieg­ge­wig­ti­tel van die In­ter­na­si­o­na­le Boksfe­de­ra­sie (IBF) teen Bud­ler.

Die Fi­lip­pyn het dié ti­tel in Mei sy­ne ge­maak deur A­ki­ra Ya­e­gashi van Ja­pan in die eer­ste ron­de uit te slaan.

Die 29-ja­ri­ge Me­lin­do het so­ver net twee van sy 38 ge­veg­te ver­loor.

Bud­ler (29) was ook net twee keer in sy 33 ge­veg­te aan die ver­loor­kant.

’n Oor­log kan ook mô­re­og­gend (SA tyd) in Las Ve­gas woed waar Go­lo­vkin sy mid­del­ge­wig­ti­tels van die WBV en In­ter­na­si­o­na­le Boksfe­de­ra­sie (IBF) teen Al­va­rez ver­de­dig.

A­bel San­chez, Go­lo­vkin se af­rig­ter, meen dié veg­ter van Ka­zak­stan sal te sterk vir sy Mex­i­kaan­se teen­stan­der wees.

An­der ken­ners, soos die voor­ma­li­ge veel­vul­di­ge ti­tel­hou­er Tom­my He­arns, dink Go­lo­vkin is ge­neig om te veel houe te ver­duur in sy eie ver­woes­ten­de aan­val­le.

Teen ’n har­de sla­ner soos Al­va­rez kan dit net een ding be­te­ken – plan­ke toe!

Of nie? Go­lo­vkin het, nes Al­va­rez, skyn­baar ’n stuk ys­ter vir ’n ken.

Ter af­slui­ting, her­kou hier­aan: Go­lo­vkin spog met 33 uit­klop­houe in 37 ge­veg­te en Al­va­rez met 34 in 51 ge­veg­te.

Hek­kie Budl er

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.