Vi­riel en pe­per duur: Ont­moet Ka­roo s e g oue ram

Hier­die is die v er­haal v an ’ n me­ri­no­ram w aar­van die w ol “soos room­ys l yk” en s o sag is dat “die en­gel­tjies s e p an­ties” daarv an ge­maak w ord, skryf en die f oto’s g e­neem. het

Die Burger - - By - Fo­to: Me­ri­no S A

DVi­ta Mur­ray La Le R oux S­choe­man

it is ’n ram wat so kos­baar is dat hy her­in­ner aan die G­riek­se mi­te van Ja­son en die Goue V­lies. En as jy na die dier kyk, kry jy te­rug­flit­se van klip­beel­de uit die an­tie­ke tyd wat jy in mu­seums soos die Lou­vre ge­sien het.

Die ei­e­naars van dié dier is Jan Wie­se (54) en sy seun, Ja­co (29), van die Bie­sie­s­poort-me­ri­nos­toe­te­ry na­by Lox­ton in die Noord-Kaap­se Ka­roo.

Hul­le het die ram on­langs op die na­si­o­na­le me­ri­no­ram­vei­ling in Graaff-Rei­net vir R255 000 ge­koop – ’n nu­we Suid-A­fri­kaan­se re­kord­prys.

Ons ont­moet Jan, wat in 2013 as die land se voor­ste skaap­boer aan­ge­wys is, op die fa­mi­lie­plaas Bie­sie­s­poort, waar hul fa­mi­lie al vier ge­slag­te lank boer.

In die lang­wer­pi­ge ver­trek waar­in die on­der­houd plaas­vind, sit ons aan die een punt van ’n ta­fel waar sy vrou, Han­ne­ke, kof­fie voor­sit. Die an­der kant van die ver­trek is as ’n sit­ka­mer met stoe­le en ban­ke in­ge­rig.

Ty­dens die on­der­houd is daar deu­ren­tyd ’n ge­luid wat klink soos kin­ders wat huil. Jan sê wat ek hoor is bok­lam­mers wat melk kry.

Teen die mu­re is fo­to’s en ser­ti­fi­ka­te. Groot tro­feë staan op ’n kas voor die fo­to van die su­per­ram. Sy naam is Beek­man en hy is 18 maan­de oud.

“Hy het ag­ter in ’n Beek­man­kap­pie ge­ry toe hy ná die vei­ling hier­heen ge­kom het. My seun het som­mer sy naam vir hom ge­gee,” sê Jan.

’n Hel e ek on­o­mie

Dan vind ons uit die ram is nie hier op die plaas nie. Hy is in Bloem­fon­tein.

“Sul­ke ram­me hou jy nie op jou plaas aan nie. So ’n ram gaan dá­de­lik na ’n toets­sen­trum waar sy saad ge­tap word. As jy so ’n ram het, is daar da­de­lik ’n klomp men­se wat van sy saad no­dig het, dis mos nou ’n uit­son­der­li­ke ram. Hy is in hier­die sta­di­um in Ram­sem.

“Die ram se saad word daar ge­táp en ge­vries, en nou gaan my ooie op soon­toe waar die saad in hul­le ge­sit word en hul- Beek­man, die me­ri­nor am w aar­voor ’ n r e­kord­prys v an R25 5 000 op ’ n vei­ling be­taal is . Hier die is ’ n sk erm­greep v an die v ei­ling in Gr aaff­Rei­net. le spoel die em­brio’s uit die ooie, vries dit en bring dit af hier­na­toe. Dan word die em­brio’s in dra-ooie, met an­der woor­de e­ni­ge ooi wat ’n baar­moe­der het, ge­plant. Dit kan ’n

swák ooi wees, maar sy loop met ’n stoet­lam. So daar­om kan ek in één jaar se tyd drie- , vier, vyf­dui­send skaap uit hom maak.”

Die ram is ’n pa­tri­arg-in-wor­ding. Daar is iets Ou Te­sta­men­ties aan hom.

“Die ooi is vir my eint­lik die be­lang­rik­ste. Maar e­ni­ge te­ler wil ’n goeie ram teel. Die droom is mos om weer so ’n ram uit te kry,” sê Jan.

“Jy moet ver­staan, dis ’n he­le e­ko­no­mie wat ge­stig is die dag toe die ha­mer op R255 000 neer­slaan. Kom ek ver­tel eers vir jul­le hoe­kom ek die ram ge­koop het. Ek het ’n me­ri­nos­toe­te­ry op die plaas wat my pá al be­gin het toe hý nog ge­boer het. So ons praat van ’n óú stoet. En met ’n stoe­te­ry pro­beer jy met el­ke lam­me­tjie wat jy in­kry, be­ter doen.

“Wan­neer jy vrou soek, soek jy ’n se­ke­re tí­pe vrou. Net so het ons boe­re ’n prent­jie van hoe moet die skaap lyk die dag as hy te­vre­de is met sy skaap. Nou dié ram wat ek ge­koop het, is die nááste aan die prent­jie wat ék soek. Maar, soos jy weet, el­ke man . . . As ons al­mal van die­self­de vrou ge­hou het, kan jy dink wat se ge­mors dit sou af­ge­gee het?

“So dis die re­de waar­om ek spe­si­fiek na dié ram gaan kyk het. Die ram se vo­ri­ge ei­e­naar is T­heo Pot­gie­ter, ’n baie be­ken­de te­ler in Suid-A­fri­ka. En dié ram het die ti­pe wol wat ek soek. As jy sy wol oop­maak, lyk dit soos room­ys – jy wil hom eet. Dís die wol wat ek soek. Dis ’n geel, ro­me­ri­ge, rýk wol met ’n uit­són­der­li­ke leng­te vir die ou­der­dom wol wat hy op­ge­had het.

“Ek sê al­tyd die en­gel­tjies se pan­ties word van daai wol ge­maak. Dis ’n sag­te, mooi wol; jou mo­de­hui­se soek daai ti­pe wol . . . Ons is in hier­die sta­di­um in ’n baie guns­ti­ge wol­mark; ek be­skou dit as ’n boom. Ons wê­reld se men­se is be­sig om te­rug te gaan na wol toe. Ek dink die wê­reld is moeg vir kuns­ma­tig­heid, dis my be­skeie o­pi­nie; ek dink hul­le is moeg vir kuns­ma­ti­ge ve­sel, ny­lon en dié ti­pe van goed, en wol is ’n ab­so­lu­te na­tuur­li­ke ve­sel wat in e­ni­ge kle­ra­sie ge­bruik kan word.”

‘‘

Ek sê alt yd die en­gel­tjies se p an­ties word v an daai w ol ge­maak. Dis ’ n sagt e, mooi w ol; jou mo­de­hui­se soek daai ti­pe wol . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.