Dié r am ‘ kos nik s’

Die Burger - - By - Fo­to: HEN­NIE V AN WYK

Beek­man is soos ’n be­sig­heid op vier be­ne. “Daar is man­ne wat nié die R255 000 ge­had het nie, maar hul­le wou graag die ram hê. Nou koop hul­le saad van die ram.

“Ná twee, drie jaar kom hy te­rug plaas toe; dán sal hy hier­die plaas eers sien. In­tus­sen word sy saad mak­si­maal, so veel as moont­lik, ge­tap. Ék soek ’n klomp saad, die vol­gen­de man­ne soek ’n klomp saad; so daar is ’n groot hoe­veel­heid geld wat rond­om hier­die ram gaan.

“Ek wil net vir jou van­dag sê, die R255 000 is klaar be­taal deur net sy saad. So die ram kos my niks. Ek het die ram na Ram­sem toe ge­stuur en hul­le trek saad; ek ver­koop die saad en die saad se in­kom­ste (se­dert die aan­koop van die ram) is klaar meer as R255 000.”

Beek­man kry ko­nink­li­ke be­han­de­ling daar in Bloem­fon­tein.

“Die béste wat jy vir hom kan gee, om goeie kwa­li­teit saad te kan kry – ryk, ro­me­ri­ge ti­pe saad. Ek be­doel, as ék van­dag saad gaan koop, wil ek góéie saad hê waar­van ek weet my ooie be­set sal kan raak.

“Hy staan in ’n kam­pie met ’n af­dak met ge­noeg­sa­me voer met skoon wa­ter. Ek dink hul­le tap net sog­gens saad. Hy kom in en hul­le vang al sy saad op wat hy kan gee in ’n kuns­va­gi­na en dan gaan hy weer te­rug. So, ja, hy is eint­lik ’n saad­ma­sjien in hier­die sta­di­um.”

Hy gaan dalk nooit ’n le­wen­de ooi dek nie.

“Dalk la­ter van tyd, maar moont­lik glad nie . . . Dis nie te sê dat hy ooit ’n ooi sal dek nie. Jy wil nie so ’n ti­pe ram aan e­ni­ge siek­tes bloot­stel nie.”

Hy was net ’n “hal­we nag” op die plaas.

“Ont­hou, ek moet mak­si­maal uit die ram uit kry. So hy het die aand hier af­ge­klim en die nag het ek hom weer ge­laai en deur­ge­stuur Bloem­fon­tein toe.”

Ja­co en sy ver­loof­de, Mar­got Hoon, het die kos­ba­re ram soon­toe ge­neem.

“Jy moet báie, báie ver­sig­tig met so ’n dier werk. Jy weet, hy weeg 126 kg en ’n dier wat op vier be­ne ag­ter­op ’n bak­kie staan en jy gaan vin­nig om ’n draai – hy kan hom be­seer.”

Ja­co sê la­ter: “Dit is nog­als ’n se­nu­ter­gen­de ding om met daai klomp geld ag­ter­op ’n bak­kie te ry en jy vrees dat die ding iets gaan oor­kom.” Ja­co Wie se, jong w ol­boer v an L ox­ton s e Bie sie­s­poort­me­ri­nos­toe­te­ry, met die me­ri­nor am Beek­man. Die me­ri­nor am Beek­man s e w ol l yk s oos r oom­ys, sê Jan Wie se.

Fo­to: HEN­NIE V AN WYK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.