Ka­ping in Brac­ken­fell mis­luk

Die Burger - - 1 - – De­sir ée R or­ke

’n Mo­to­ris is gis­ter­og­gend-ver­moe­de­lik am­per ge­kaap by ’n stop­straat in Pro­te­a­weg, Brac­ken­fell.

Vol­gens ’n oog­ge­tuie, Be­ja­min Kamp, wat ag­ter die mo­to­ris ge­stop het, het die voor­val om­streeks 08:30 plaas­ge­vind.

“Die ver­dag­te ka­per het by die pas­sa­siers­kant van die mo­to­ris se voer­tuig pro­beer in­klim. Die deur was nie ge­sluit nie, maar die ka­per kon nie die deur heel­te­mal oop­kry om in te klim nie.

“Ek het in daar­die sta­di­um ge­dink die twee mans ken me­kaar, maar het gou be­sef dit is nie die ge­val nie toe die be­stuur­der uit­klim en op die man be­gin skreeu,” ver­tel Kamp.

“Hy het te­rug­ge­klim in sy mo­tor en vo­ren­toe ge­ry, waar­na die man sy mo­tor met twee klip­pe ge­gooi het.” Die mo­to­ris het daar­in ge­slaag om weg te jaag. Die ver­meen­de ka­per het weg­ge­hard­loop. Vol­gens Kamp was die man nie sig­baar ge­wa­pen nie. Hy was so­wat 1,6 m lank, klein ge­bou en het ’n plas­tiek­sak by hom ge­had. Die Brac­ken­fell-po­li­sie kon tot dus­ver nie die voor­val be­ves­tig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.