Po­li­sie ver­moed vroeg on­raad

Die Burger - - 1 - May­ge­ne de W ee

Die kneus­mer­ke aan Su­san Ro­hde se lyk is vir dr. Ak­mal Coet­zee-K­han, fo­ren­sie­se pa­to­loog, ken­mer­kend dié van ’n vrou wat aan­ge­rand is.

Coet­zee-K­han het gis­ter in die ver­hoor van Ja­son Ro­hde, haar man, be­gin ge­tuig. Ro­hde word daar­van aan­ge­kla dat hy sy vrou in die ho­tel­ka­mer van die S­pier­land­goed, waar hul­le die na­week van 22 tot 24 Ju­lie 2016 tuis­ge­gaan het, ver­moor het.

K­han het ge­tuig Su­san is tot kort voor haar dood aan­ge­rand. Vol­gens sy ge­tui­e­nis kon die aan­ran­ding et­li­ke mi­nu­te of selfs tot ’n uur ge­duur het.

K­han het on­der meer ge­tuig dat hy re­kord hou van el­ke moor­don­der­soek se­dert hy in die fo­ren­sie­se pa­to­lo­gie­veld be­gin werk het.

Tot op he­de het hy lyk­skou­ings ge­doen op so­wat 100 ly­ke van men­se wat hul­self om die le­we ge­bring het.

Ver­skeie fo­to’s is in die hof ge­wys wat K­han ge­bruik het om die be­vin­din­ge van sy lyk­skou­ings-ver­slag te il­lus­treer.

Hy het ge­tuig dat hy op by­stand was en deur die po­li­sie ge­vra is om na die to­neel te kom. Hul­le het ge­me­ne spel ver­moed na­dat hul­le on­der meer bloed op die slaap­ka­mer­vloer, die la­ken, kus­sing en du­vet ge­sien het. Daar was ook bloed­mer­ke op die mat.

Met sy koms kort ná 12:00 was Su­san in die bad­ka­mer.

K­han het ge­tuig hy het geen bloed in die bad­ka­mer ge­sien nie, hoe­wel daar bloed op Su­san se voe­te was. Daar was ook nie bloed teen die bad­ka­mer­deur waar Su­san glo ge­hang het nie.

K­han het ge­tuig daar was krap­mer­ke aan die reg­ter­kant van Su­san se ge­sig en ’n skaaf­merk om haar nek. Die skaaf­merk was ho­ri­son­taal aan die

‘‘ Hy het g e­tuig daar w as bloed op die k us­sing, la­ken en duv et, en bl oed op die mat . Dit het hom laat w on­der of S u­san Ro­hde dalk nie r eeds in die k a­mer g es­terf het nie .

voor­kant van haar nek en aan die lin­ker­kant daar­van. Sy het ook ’n merk bo haar lin­ker­oog­lid ge­had. Hy het ge­tuig dit is ken­mer­kend van ’n merk wat deur ’n vuis ge­maak word. “Dit is nie ge­woon­lik deel van ’n to­neel waar ’n per­soon hom­self om die le­we ge­bring het nie. Dit dui eer­der daar­op dat daar ’n fi­sie­ke kon­fron­ta­sie was.”

K­neus­plek­ke en ’n stuk­ken­de plek op haar kneu­kels, han­de en ge­wrig­te het vir hom ge­lyk as­of sy haar­self pro­beer ver­de­dig het.

Hy het in sy voor­val­le­ver-slag daar­om ook ge­vra dat die po­li­sie Ro­hde vir ’n me­die­se on­der­soek neem so­dat hul­le se­ker kan maak dat hy nie e­ni­ge mer­ke aan hom het nie.

K­han het ge­tuig daar was ’n pa­troon van li­vor mor­tis, of die sa­me­vloei van bloed ná dood, op Su­san se rug, be­ne en bou­de. Dit het aan hom ge­wys dat sy dood is ter­wyl sy op haar rug ge­lê het. Li­vor mor­tis neem om­trent 30 mi­nu­te van­af dood om te be­gin in­tree en tot drie ure om heel­te­mal te vorm, lui­dens K­han se ge­tui­e­nis.

Hy het ge­tuig dat Su­san ver­smoor is, ver­moe­de­lik met ’n hand oor haar mond. Die skaaf­merk om haar nek is ná haar dood aan­ge­bring om dit te laat lyk as­of sy haar­self op­ge­hang het.

“Die per­soon wat die koord­merk aan­ge­bring het, het nie ge­weet hoe dit lyk as ie­mand dood is weens hang nie,” het hy ge­tuig.

Hy het ge­tuig die moont­lik­heid be­staan ook dat Su­san nie in die bad­ka­mer ge­sterf het nie, maar wel in die ka­mer.

Hy het na­dat hy haar lig­gaams­tem­pe­ra­tuur, die bad ka­mer­tem­pe­ra­tuur en nog an­der fak­to­re in ag ge­neem het, be­vind dat Su­san reeds om 05:40 die Son­dag­og­gend dood is.

Fo­to: A­DRI­AN DE K OCK

Ja­son R o­hde in die be­skul­dig­de­bank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.