De­par­te­men­te, SOE’s ver­mors glo R51 mil­jard

Die Burger - - 2 - L­le­wel­lyn P rin­ce

S­taats­de­par­te­men­te en -en­ti­tei­te (SOE’s) het in die af­ge­lo­pe boek­jaar saam meer as R51 mil­jard ver­kwis.

Dít is vol­gens ’n ont­le­ding wat die DA ge­doen het van die jaar­ver­slae van de­par­te­men­te en SOE’s wat in die laas­te paar we­ke – soos ver­eis word – by die par­le­ment in­ge­dien is.

John Steen­hui­sen, DA-hoof­sweep, het gis­ter ge­sê R51,1 mil­jard se on­re­ël­ma­ti­ge, vrug­te­lo­se en ver­kwis­te uit­ga­wes is in die 2016-’17-boek­jaar aan­ge­te­ken.

SOE’ s soos die SAUK, die SuidA­fri­kaan­se A­gent­skap vir Maat­skap­li­ke Se­ker­heid, Trans net, die Pos­kan­toor, die on­af­hank­li­ke po­li­sie­on­der­soek di­rek­to­raat( Op o d) en die kan­toor van die o­pen­ba­re be­sker­mer was van die groot son­daars.

Net dié groep is ver­ant­woor­de­lik vir so­wat 70%, of R35,9 mil­jard, van die ver­kwis­te uit­ga­wes.

An­der SOE’s, soos die Suid- A­fri­kaan­se Lug­diens, die Pas­sa­sier­spoor a­gent­skap van Suid-A­fri­ka, die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens, die lug­diens SA Ex­press, die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Pa­da­gent­skap en die de­par­te­men­te van ver­de­di­ging, staats­vei­lig-heid en om­ge­wing­sa­ke het nog nie hul jaar­ver­slae in­ge­dien nie. Die be­drag wat die DA be­re­ken het, is dus nog nie die fi­na­le be­drag vir on­re­ël­ma­ti­ge, vrug­te­lo­se en ver- kwis­te uit­ga­wes nie.

Steen­hui­sen sê die DA se ont­le­ding het ook ge­toon dat die voor­uit­sig vir die ou­dit­ver­slae van de­par­te­men­te en SOE’s weer som­ber is. Nie min­der nie as 22 ver­slae is nog nie in­ge­dien nie.

“Dit is ook kom­mer­wek­kend dat die ou­di­teur-ge­ne­raal (OG) ‘lo­pen­de­saak’-kwes­sies ge­op­per het met be­trek­king tot SOE’s soos O­pod, die na­si­o­na­le ge­sond­heid s la­bo­ra­to­ri­um-diens­te, Pe­troSA en die SAUK.

“Di eO G kon ook nie ou­dit­me­ning s vir die Werk­loos­heid s ver­se­ke­rings­fonds of die Ver­goe­dings fonds ver­skaf nie.”

Steen­hui­sen sê de­par­te­men­te soos dié vir vroue, wa­ter en sa­ni­ta­sie, e­ner­gie en ge­sond­heid kon ook weer nie hul eie tei­kens haal nie.

Vol­gens hom kan Suid-A­fri­ka­ners af­ge­stomp raak vir die mis­luk­kings van die ANC-re­ge­ring.

“Die re­ge­ring se mis­luk­kings kom die land se kwes­baar­ste in­wo­ners duur te staan.

“Ons kan daar­om nie rus tot­dat el­ke waar­de­vol­le hulp­bron ge­ka­na­li­seer word om die le­we van eer­li­ke, hard­wer­ken­de Suid-A­fri­ka­ners te ver­be­ter nie.”

Fo­to: NA SIEF MANIE

John S teen­hui­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.