Zu­ma: Vry­dag die 1 3de?

Regs­kos­te kos be­las­ting­be­ta­lers al R30 mil­joen

Die Burger - - 2 - P­hil­da E s­sop

Van­dag, Vry­dag die 13de, kan pres. Ja­cob Zu­ma óf baie goeie óf baie sleg­te nuus kry wan­neer die ap­pèl­hof in Bloem­fon­tein uitspraak le­wer oor of hy op 783 aanklagte te­reg moet staan of nie.

Ter­wyl al­le oë op die hof sal wees, sal Zu­ma ’n er­fe­nis­ter­rein vir die st­rug­gle-stryd­ros O.R. Tam­bo o­pen in Zam­bië, waar hy tans op ’n staats­be­soek is.

Agt jaar ge­le­de het die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) in die spi- oe­na­sie­ban­de­saak ver­vol­ging weens 783 be­weer­de voor­val­le van kor­rup­sie, be­drog, geld­was­se­ry en af­per­sing teen Zu­ma laat vaar.

Die so­ge­naam­de spi­oe­na­sie­ban­de wat ná die ANC se kon­fe­ren­sie in 2007 in Po­lo­kwa­ne aan die lig ge­kom het, het glo in­lig­ting be­vat wat daar­op dui dat daar on­be­hoor­li­ke po­li­tie­ke in­men­ging was in die be­sluit om Zu­ma aan­vank­lik in 2005 aan te kla.

Die aanklagte spruit on­der meer uit sy ver­hou­ding met die be­drie­ër S­cha­bir S­haik, sy voor­ma­li­ge fi­nan­si­ë­le ad­vi­seur.

Adv. Mo­ko­te­di Mps­he, des­tyds waar­ne­men­de NVG-hoof, het la­ter be­sluit om die saak teen Zu­ma te­rug te trek. Dié be­sluit is deur die DA in die hof teen­ge­staan. Die par­ty het aan­ge­voer dié stap is on­wet­tig, on­be­hoor­lik en ir­ra­si­o­neel.

Die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het ver­le­de jaar be­slis dat dié be­sluit in­der­daad ir­ra­si­o­neel is en dit om­ge­keer. Zu­ma en die NVG het die hof ge­na­der om daar­teen te ap­pel­leer.

Zu­ma se reg­span het op 14 Sep­tem­ber in ’n ver­ras­sen­de wen­ding in die ap­pèl­hof toe­ge­gee dat die be- sluit deur Mps­he om die klag­te teen Zu­ma te laat vaar ir­ra­si­o­neel is en ter­sy­de ge­stel moet word.

Ver­skeie po­li­ti­ci het van­dees­week op Twitter hul me­nings oor die saak ge­lug. Floyd S­hi­vam­bu, EFF-on­der­lei­er, het ge­sê: “Die ap­pèl­hof sal Vry­dag be­ves­tig dat die be­sluit om die 783 klag­te teen ie­mand se pa te laat vaar, ir­ra­si­o­neel is.”

Ban­tu Ho­lo­mi­sa, UDM-lei­er, het ge­sê: “Spi­oe­na­sie­ban­de-sa­ge: Ap­pèl­hof le­wer Vry­dag uitspraak. Zu­ma moet ver­hoor word, fi­nish en klaar.”

M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, en Ja­mes Sel­fe, voor­sit­ter van die DA se fe­de­ra­le raad, sal die nuus­me­dia van­dag in P­re­to­ria toe­spreek.

Die par­ty sê in ’n ver­kla­ring ter­wyl die reg­stryd om Zu­ma aan­spreek­lik te hou vir 783 klag­te al lan­ger as ’n de­ka­de voort­sleep, hul­le ver­trou dat die uitspraak hul­le ’n “stap na­der sal bring om te ver­se­ker dat die reg sy ver­loop neem”.

Die par­ty raam Zu­ma se regs­kos­te het be­las­ting­be­ta­lers al R30 mil­joen ge­kos en wil hê hy moet per­soon­lik daar­voor aan­spreek­lik ge­hou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.