3 ty­de­li­ke SAUK­hoof­de se kon­trak­te tóg ver­leng

Die Burger - - 2 - P­hil­da E s­sop

Ay­an­da Dlod­lo, mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie, het die kon­trak­te van drie waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof­de van die SAUK ver­leng.

Hul hui­di­ge kon­trak­te het gis­ter mid­der­nag ver­stryk.

Dlod­lo het die ver­len­ging van die kon­trak­te gis­ter­mid­dag aan­ge­kon­dig kort na­dat die groep joer­na­lis­te wat as die SAUKagt be­kend staan hul kom­mer oor dié moont­lik­heid uit­ge­spreek het.

Die drie amp­te­na­re wie se kon­trak­te ver­leng is, is Nom­sa P­hi­li­so, uit­voe­ren­de groep­hoof, Bes­sie Tug­wa­na, uit­voe­ren­de hoof, en T­ha­bi­le Dla­mi­ni, fi­nan­si­ë­le hoof. Hul kon­trak­te is ver­leng tot­dat die pos­te heel­tyds ge­vul word, sê Dlod­lo.

“Ek hoop dit sal sta­bi­li­teit en kon­ti­nu­ï­teit by die SAUK ver­se­ker, as­ook ’n naat­lo­se oor­gang en be­hoor­li­ke oor­han­di­ging aan die in­ko­men­de raad,” lui die ver­kla­ring.

Ci­ty Press het ver­le­de Son­dag be­rig pres. Ja­cob Zu­ma en Dlod­lo ver­traag die aan­stel­ling van die SAUKraads­le­de op­set­lik om hul eie aan- stel­lings in stra­te­gie­se uit­voe­ren­de pos­te te doen.

Dlod­lo wil glo haar voor­keur kan­di­da­te deur­druk, ter­wyl die ANC se ont­plooi­ing s ko­mi­tee glo ook’ n sê wil hê oor wie aan­ge­stel word. Dlod­lo is na be­rig word ge­kant teen die aan­stel­ling van men­se wat deur die SAUK se voor­ma­li­ge tus­sen­tyd­se raad vir die pos­te aan­be­veel is. Hul­le het glo ge­wei­er om die kort­lys aan Dlod­lo be­kend te maak.

Die SAUK-agt het vroe­ër van­dees­week in ’n ope brief by die par­le­ment ge­pleit om in te gryp in die “be­stuurs­kri­sis” by die SAUK en sê hul­le het re­de om te glo plan­ne word ge­maak om die uit­saai­er “weer te kaap”.

Hul­le sê in die brief dat P­hi­li­so aan hul­le ge­sê het die “mi­nis­ter maak ge­reed” om die hui­di­ge hoof­de se kon­trak­te te ver­leng. Hul­le voer aan wet­ge­wing maak nie voor­sie­ning daar­voor dat die mi­nis­ter uit­voe­ren­de hoof­de kan aan­stel nie.

Die DA en die EFF het hul kom­mer uit­ge­spreek oor Zu­ma se ge­sloer met die aan­stel­ling van die SAUK-raad.

F oto: S AMSON R ATSWANA

Ay­an­da Dl od­lo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.