Vee­die­we kap kalf se ag­ter­be­ne én stert af

Die Burger - - 3 - Ja­na Mar x

“Hul­le het nie net my be­sies ge­sny nie, hul­le het my hart uit­ge­sny,” sê Pie­ter-Jan Fou­rie (38) van die plaas Kaal­fon­tein, tus­sen Kos­ter en Ma­ga­lies­burg in Noord­wes, na­dat vee­die­we Woens­dag­nag sy bees­te wreed­aar­dig af­ge­maai het.

Ma­rie­tjie van De­ven­ter, sy tan­te, het vroe­ër ver­tel stuk­ke vleis is uit die le­wen­de bees­te ge­sny.

“Par­ty het nog ure daar­na ge­leef – tot­dat Pie­ter-Jan op hul­le af­ge­kom en hul­le van kant ge­maak het,” sê sy.

Dit is die t­wee­de keer in een maand dat vee­die­we van Fou­rie se bees­te op so ’n wreed­aar­di­ge ma­nier slag.

“Ek het ’n mel­ke­ry, ska­pe en ’n paar var­kies – en dan het ek so 200 vleis­bees­te,” sê Fou­rie.

“Hul­le het op 30 Au­gus­tus die dra­de ge­knip en se­we bees­te ge­slag. Een koei kon nie op­staan nie om­dat hul­le haar hak­se­nings af­ge­sny het en vyf kal­fies was ma-loos ná die slag­ting.

“Die buur­man het my laat weet iets is fout. Van my be­sies was in sy lan­de­rye en par­ty het bloe­de­rig ge­lyk. Die die­we het dié slag ’n paar van die bees­te oor­ge­jaag na sy plaas toe en hul­le dáár gaan slag,” sê hy.

“Ek is se­ker dis die­self­de die­we as voor­heen.”

Vol­gens Fou­rie is 12 ver­se deur die vee­die­we ver­mink.

“Hul­le het vyf op die plek ge­slag. Twee an­der was so be­seer, ek moes hul­le self slag. Ek hoop ons kan die an­der vyf red.”

Van De­ven­ter sê een bees se ag­ter­be­ne is af­ge­kap en sy kon nie loop nie, maar het nog die og­gend ge­leef. ’n An­der een se stert het som­mer so in die lug ge­staan soos sy ge­kap is, maar sy het nog reg­op ge­staan toe hul­le haar kry. Nog een het ge­lê, want haar hak­se­nings was af­ge­kap.

“Hoe ver­skrik­lik wreed kan ’n mens wees?”

Sy sê haar sus­ters­kind is “ge­breek”.

“Jy het geen i­dee wat­ter e­mo­sies hier­die ding by ’n boer aan­wak­ker nie,” sê sy.

“Die ver­sies het al­mal na­me ge­had. As ek in die veld kom, het hul­le som­mer na my toe ge­hard­loop. My dog­ter (14) is so lief vir die­re en die een was haar ver­sie. Ek weet nie hoe ek vir haar gaan sê sy is dood nie,” sê Fou­rie.

Hy ly reeds R200 000 se ska­de weens die twee voor­val­le.

’n Saak van vee­dief­stal is by die Ma­ga­lies­burg-po­li­sie­kan­toor aan­ge­meld.

’n V ers w aar­van die s tert in die lug s taan w eens haar be se­rings. Die bee s w at lê s e hak se­nings is af ge­kap. Al die v er­mink­te bee ste is l a­ter van k ant g e­maak.

Dié v ers s e ag ter­be­ne is af ge­kap, maar s y het s teeds pr o­beer l oop.

Pie­ter­Jan Fou­rie v an die plaas K aal­fon­tein in Noor dwes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.