‘Van­dag is ek ver­plet­ter en in ong e­loof’

Die Burger - - 3 -

Hul­le sê aan die ein­de van el­ke re­ën­boog is daar ’n pot goud. Maar van­og­gend kan ek aan niks ver­der van die waar­heid as dit dink nie. My he­le le­we al is ek ’n plaas­mei­sie. ’n Trot­se een. Maar van­og­gend is ek ver­plet­ter en in ab­so­lu­te on­ge­loof.

Van­og­gend hang ’n don­ker wolk oor ons kop­pe. En ek suk­kel om die sil­wer rand­jie te vind.

Om ’n vol­was­se man te sien huil, is niks an­ders as hart­ver­skeu­rend nie.

In die tien jaar van ge­troud wees en op die plaas bly, het ek my man nog net twee keer sien huil: Een keer toe ons die nuus kry dat ons dalk ’n kind mag ver­loor en die t­wee­de keer van­og­gend.

As boe­re is daar niks wat ons ne­de­ri­ger maak as re­ën nie en ons is dank­baar vir el­ke drup­pel. Maar van­og­gend is dit bit­ter­soet. Daar is so­veel bit­ter in dié wê­reld, ek ver­staan dit. Baie er­vaar veel er­ger as wat ons nou voel. Ek ver­staan dit ook.

Maar van­og­gend het ons ’n ver­woes­ten­de ge­beur­te­nis be­leef. Van­og­gend moes ek my man help om meer as 400 dooie ska­pe wat o­ral op die plaas rond­ge­strooi lê, te tel. Lam­mers wat ge­trou langs hul ma’s, wat let­ter­lik ge­du­ren­de die nag dood­ge­vries het, staan. Hart­ver­skeu­rend.

Dié soort ding ge­beur al­tyd met an­der men­se. En ons hoor ons­self sê: “Ag, s­ha­me. Dis vrees­lik.” En dan ge­beur dit met jou en jy be­sef dis nie ’n droom nie, maar re­a­li­teit!

Jy doen al­les in jou ver­moë om jou vee in ’n tip-top-toe­stand te hou: Voer hul­le in die droog­te, help om hul lam­mers groot te maak. Maar hoe be­heer jy die na­tuur? Dis Ok­to­ber. Dis ver­on­der­stel om so­mer te wees!

Vir baie men­se is ’n ooi net ’n skaap. Iets wat jy slag. Jy eet die lam. Vir ons voor­sien skaap ’n le­we. Dit hou die kos op die ta­fel en dit sit ons kin­ders deur die skool.

Die mat is al tal­le ke­re on­der ons uit­ge­ruk, maar tog het ons daar­in ge­slaag om el­ke keer weer op te staan.

Van­og­gend moes ek diep gra­we om te ver­staan hoe­kom. Hoe­kom ons? Hoe­kom dit? Hoe­kom nóú? Ek is se­ker ek sal een­dag die ant­woord kry, maar vir eers is ek stom­ge­slaan.

En ja, op dié oom­blik be­vraag­te­ken ek my ge­loof. Maar ek be­sef ook dat ons in die ver­le­de net met ge­loof en deur­set­tings­ver­moë die on­moont­li­ke oor­kom het. Ek hoop net ek het dit nog in my.

Ek hou nie daar­van om my hart op my mou te dra nie, maar nou sit my hart in my keel. Maar moe­nie vir ons jam­mer wees nie. Bíd net. Want die He­re neem van ons, maar hy gee al­tyd meer te­rug as wat hy neem. Dit is een ding waar­oor ek se­ker is.

Ger­rit en Di­di R aath van Bri tstown is har tge­bro­ke oor hul gr oot v er­lies ná die skie­lik e k oue.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.