Ge­sin be­vrees ná aan­val op plaas by Ce­res

Die Burger - - 5 - Na­di­ne T­her on

Die ge­sin van IW van der Mer­we (52), wat Maan­dag op sy plaas by Ce­res in die Koue Bok­ke­veld aan­ge­val is, is bang dat die aan­val­lers sal te­rug­keer.

Van der Mer­we is Maan­dag in sy plaas­win­kel met ’n knop­kie­rie aan­ge­rand en meer as 20 keer met ’n mes ge­steek. Sy han­de en voe­te is vas­ge­bind en ’n plas­tiek­sak is oor sy kop ge­trek.

Wer­kers het so­wat ’n uur la­ter op die be­bloe­de Van der Mer­we af­ge­kom en sy ge­sin ont­bied.

Vol­gens sy seun Pier­re (20), het die aan­val­lers aan IW ge­sê dat sy ge­sin vol­gen­de aan­ge­val sal word voor­dat hul­le ge­vlug het met geld uit die kluis en kas­re­gis­ter, krui­de­niers­wa­re, flit­se en ’n ver­ky­ker.

Pier­re, sy ma, Ju­a­ni­ta, sy sus­ter In­ge (11) en broer, Zac (7), was in die huis ten ty­de van die aan­val om­streeks 19:00.

Die ge­sin het ’n am­bu­lans ont­bied en IW is na die Pa­no­ra­ma­hos­pi­taal in Kaap­stad ge­bring.

Pier­re sê sy pa sterk goed aan en is gis­ter van die waak­een­heid na ’n al­ge­me­ne saal oor­ge­plaas.

“Ek slaap saans maar moei­lik,” sê Pier­re.

Pier­re is nog op die plaas en sê baie van hul man­li­ke fa­mi­lie­le­de is in die na­bye om­ge­wing om ’n o­gie oor die ge­sin te hou.

Die ge­sin het ook nog vei­lig­heids­diens­te be­kom, sê hy.

Ju­a­ni­ta sê IW lyk in die om­stan­dig­he­de goed.

“Hul­le het hom reg­tig ver­niel en ek kan nie glo dat hy is waar hy nou is nie,” sê sy. “Hul­le het hom vir dood ag­ter­ge­laat. Dit is net die He­re se ge­na­de dat hy hier is.”

Ju­a­ni­ta sê sy ver­staan die aan­val op IW nie, aan­ge­sien hy en die res van sy ge­sin nog al­tyd net goed was vir al die men­se in hul ge­meen­skap.

Pier­re het vroe­ër ge­sê hul­le ver­moed die aan­val­lers is sei­soen­wer­kers van Le­so­tho. Ju­a­ni­ta sê IW het van die aan­val­lers ge­ken.

Die vier mans het IW aan­vank­lik vir hul pas­poor­te en kos ge­vra voor­dat hul­le hom aan­ge­val het toe hy om­draai. Ju­a­ni­ta sê IW het ’n goeie ver­hou­ding met al sy wer­kers ge­hand­haaf.

“Ons hou maar kop bo wa­ter,” het sy ge­sê op vrae oor hoe dit met die ge­sin gaan.

Kapt. FC van Wyk van die po­li­sie het gis­ter ge­sê nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem oor die aan­val nie.

IW en Ju­a­ni­ta se dog­ter An­ja het in ’n in­skry­wing oor die aan­val op Fa­ce­book ge­skryf: “My pa is ’n ys­ter­man.”

Die in­skry­wing is by­na 5 000 keer ge­deel.

Fo­to: VER SKAF

IW v an der Merw e word deur ’ n w er­ker on­der­steun na­dat hy Maan­dag op s y plaas aang e­val is .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.