Man met R10 m. nog aan­ge­hou

Die Burger - - 7 - Eu­ge­ne Gun­ning

Mo­ham­med A­meen (38), wat Woens­dag op die Kaap­stad­se In­ter­na­si­o­na­le Lug­ha­we aan­ge­keer is met meer as R10 mil­joen kon­tant in twee tas­se, word steeds aan­ge­hou.

Lui­dens ’n ver­kla­ring van die Val­ke bly hy in aan­hou­ding in af­wag­ting van sy borg­to­gaan­soek.

Hy kom oor­spronk­lik van Pie­ter­ma­ritz­burg en was na die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te op pad toe hy op die lug­ha­we aan­ge­keer is.

Doe­a­ne­be­amp­tes het hom deur­ge­soek en die geld in twee tas­se ge­vind wat hy by hom ge­had het.

Hy sal weer vol­gen­de Don­der­dag in die hof ver­skyn.

B­rig. Neil O­li­ver, waar­ne­men­de hoof van die Val­ke in die Wes-Kaap, sê daar sal on­der­soek in­ge­stel word oor waar die geld oor­spronk­lik van­daan kom.

Van die g eld w at op die Kaap­stad­se Int er­na­si­o­na­le Lug­ha­we in ’ n man s e be­sit g e­vind is .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.