Man er­ken hy wou deel in op­brengs van ver­moor­de se kar

Die Burger - - 10 - Ja­na Br ey­ten­bach

Een van die ses mans wat be­trok­ke was by die moord op Di­on Du­mas het gis­ter skuld vir sy aan­deel in die mis­daad er­ken.

M­z­won­de­le­li Das­he­ka (32),’ n voor­ma­li­ge voer­tuig be­stuur­der vir Swart­land W in­do w s& Door sin At­lan­tis, het er­ken hy is deur sy vyf me­de­be­skul­dig­des in die saak ge­na­der vir hulp om Du­mas se ge­steel­de BMW te ver­koop.

Du­mas is op 24 De­sem­ber 2016 met ’n mes ge­dreig, vas­ge­bind, ge­sleep en ge­wurg om sy geld en BMW te s­teel. Hy is in die aan­val dood.

Das­he­ka het in ’n plei­toor­een­koms wat gis­ter voor die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­dien het, er­ken die vyf be­skul­dig­des het op 24 De­sem­ber na sy huis in At­lan­tis ge­kom en sy hulp ge­vra om die BMW te ver­koop.

Be­skul­dig­de nr. 5 het ge­sê die voer­tuig is sy­ne, maar Das­he­ka het ge­sê hy ken Be­skul­dig­de nr. 5 en weet hy be­sit nie ’n voer­tuig nie.

Die ses be­skul­dig­des het toe na K­haye­lit­sha ge­ry om die kar te pro­beer ver­koop. Das­he­ka sou kom­mis­sie vir die ver­koop van die voer­tuig ont­vang.

Hul po­ging was on­suk­ses­vol en hul­le het te­rug­ge­ry na At­lan­tis. Op pad te­rug het Be­skul­dig­de nr. 5 er­ken die voer­tuig is ge­steel.

Al­mal be­hal­we Be­skul­dig­de nr. 5 het by Das­he­ka se huis oor­ge­slaap. Be­skul­dig­de nr. 5 het Das­he­ka ge­vra om vir sy ou­ers te lieg en te sê die voer­tuig be­hoort aan hom.

Das­he­ka het er­ken hy wou in die op­brengs van die ver­koop van die voer­tuig deel.

Hy is drie jaar ge­van­ge­nis­straf as deel van die plei­toor­een­koms op­ge­lê.

Versag­ten­de om­stan­dig­he­de was dat hy ’n eer­ste oor­tre­der is, hy reeds 10 maan­de in aan­hou­ding was en hy nie die hof se tyd ge­mors het nie.

Sy me­de­be­skul­dig­des se na­me kan nog nie be­kend ge­maak word nie.

Fo­to: VER SKAF

Di­on Du­mas

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.