Ke­nia ver­bied be­to­gings in ste­de

Die Burger - - 13 -

Die re­ge­ring van Ke­nia het gis­ter ’n ver­bod op be­to­gings in die sen­tra­le be­sig­heid s dis­trik van die land se ver­naam­ste ste­de aan­ge­kon­dig.

Dit is te mid­de van ’n ver­die­pen­de kon­flik tus­sen die re­ge­ren­de en die op­po­si­sie­par­tye oor ’n pre­si­den­si­ë­le her­ver­kie­sing.

Die mi­nis­ter van bin­ne­land­se vei­lig­heid, F­red Ma­ti­ang’i, sê be­to­gers wat die ver­bod in Nai­ro­bi, Ki­su­mu en Mom­ba­sa oor­tree, sal aan­spreek­lik ge­hou word vir e­ni­ge ska­de.

Dié drie ste­de is brand­pun­te van op­po­si­sie-on­der­steu­ning en daar was in die af­ge­lo­pe paar we­ke tal­le voor­val­le van kon­fron­ta­sie tus­sen die po­li­sie en op­po­si­sie-on­der­steu­ners.

Pres. U­hu­ru Ke­ny­at­ta en die lei­er van die op­po­si­sie, Rai­la O­din­ga, sou op 26 Ok­to­ber in ’n her­ver­kie­sing ge­staan het na­dat Ke­ny­at­ta se oor­win­ning in Au­gus­tus on­gel­dig ver­klaar is.

Maar van­dees­week het O­din­ga aan­ge­kon­dig dat sy par­ty nie aan die ver­kie­sing gaan deel­neem nie, waar­na po­li­tie­ke on­rus uit­ge­breek het.

Die ver­kie­sings­raad het Woens­dag ge­sê die ver­kie­sing sal voort­gaan en al agt die oor­spronk­li­ke kan­di­da­te vir die pre­si­dent­skap sal op die stem­brief ge­lys word.

In Au­gus­tus het slegs O­din­ga en Ke­ny­at­ta meer as 1% van die stem­me ge­kry.

O­din gas e op­po­si­sie-al­li­an­sie het be­to­gings vir ’n nu­we ver­kie­sing aan­ge­moe­dig. Dit het vre­se vir ver­de­re bot­sings tus­sen on­der­steu­ners en die po­li­sie ont­lok.

Ke­nia se men­se­reg­te­kom­mis­sie het in’ n on­der­soek be­vind 35 van die 37 men­se wat met die eer­ste ver­kie­sing in Au­gus­tus dood is, het aan die hand van die po­li­sie ge­sterf wat “oor­ma­ti­ge mag” ge­bruik het.

Dins­dag is twee vroue per­so­neel­le­de van die Teg­nie­se U­ni­ver­si­teit van Mom­ba­sa dood en ver­skeie stu­den­te be­seer toe ’n groep van so­wat tien ge­wa­pen­de mans op die kam­pus be­gin skiet het.

Dit was ook ’n ge­volg van O­din­ga se aan­kon­di­ging.

Die ver­kie­sing sal waar­skyn­lik nou nood­ge­dwon­ge uit­ge­stel moet word.

“In die be­lang van die men­se van Ke­nia, die streek en die wê­reld in die al­ge­meen, glo ons al­mal se be­lang sal die bes­te ge­dien word as Nasa (die op­po­si­sie-groe­pe­ring) nie aan die pre­si­dents­ver­kie­sing op 26 Ok­to­ber deel­neem nie ,” het O­din­ga ge­sê.

Hy het al ver­skeie ke­re on­suk­ses­vol pro­beer om pre­si­dent van Ke­nia te word.

“Al­le aan­dui­dings was dat die ver­kie­sing op 26 Ok­to­ber nog twy­fel­ag­ti­ger sou wees as die vo­ri­ge een,” het O­din­ga ge­sê.

Fo­to: REUTER S

On­lus­te­po­li­sie neem ’ n man in heg­te­nis ten ty de v an g e­veg­te tus­sen on­der­steu­ners v an K e­nia s e pr es. U­hur u K e­ny­at­ta en on­der steu­ners v an Nasa, die op­po si­sie­ko­a­li­sie.

Adj.pres. R ai­la O­din­ga

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.