Jy sal nie vir dié sneeu­man be­we

Die Burger - - 16 - Ma­ri­a­na Mal an

Nou het Har­ry Ho­le ’n ge­sig. We­lis­waar aan­trek­li­ker as wat ’n mens jou voor­ge­stel het.

Mi­cha­el Fass­ben­der gaan vir baie Ho­le-aan­han­gers moei­lik in die skoe­ne van dié speur­der staan. Selfs wan­neer hy die nag om drink en op ’n park­ban­kie slaap, is hier­die Har­ry steeds sag op die oog.

Dis nie die man wat jy in die blaaie van Jo Nes­bo se boe­ke leer ken het nie.

Jy hou aan hoop om die bril­jan­te man te sien wat daar­op uit is om hom­self dood te drink of te rook, maar dan deur die dood van ’n an­der na die le­we te­rug­ge­ruk word.

Die spier­wit Noor­weeg­se sneeu­land­skap plaas jou middein die om­ge­wing wat jy al deur ver­skeie van Nes­bo se span­nings­ver­ha­le leer ken het.

Ten min­ste doen die na­tuur en die a­sem­ro­wen­de to­ne­le van swart paaie en brûe wat van in-ge­ni­eurs­ver­nuf spreek hul deel om die reg­te at­mos­feer te skep.

Ver­al as daar dan en wan ’n rooi blerts op te sien is.

Die ge­ge­we is wel gru­saam, maar daar is geen on­houd­ba­re span­ning nie.

In die loop van ge­beu­re word kop­pe af­ge­kap en le­de­ma­te af­ge­saag, maar al­les laat jou eint­lik koud. Die oom­blik waar ’n mens am­per die groot­ste skrik, is wan­neer ’n hoen­der se kop af­ge­kap

word.

Daar is ’n kort in­lei­ding so­dat ’n mens kan ver­staan waar die “sneeu­man” van­daan kom.

Dan be­gin jong vroue, o­ën­skyn­lik ge­luk­kig ge­troud en meest­al met ’n kind, ver­dwyn.

Wan­neer Ho­le sy na­dors min of meer on­der be­heer het, be­gin hy ’n pa­troon sien.

Hy gra­we lê­ers van ou sa­ke uit en be­gin op sy eie snuf­fel.

’n Nu­we jong kol­le­ga, Ka­tri­ne Bratt (Rebecca Ferguson), is ewe in­tens by die saak be­trok­ke. Die twee werk min of meer saam, maar elk­een met ’n eie a­gen­da.

In die loop van die ver­haal is daar ver­skeie ver­dag­tes. Daar is ook ’n he­le paar wat wel nie moor nie, maar in die al­ge­meen na­re men­se is. Elk­een kry ’n beurt om in Ho­le se vi­sier te kom. Van fyn speur­werk en goed toe­ge­lig­te ont­dek­kings is daar wel min ter spra­ke.

Soms won­der ’n mens of die rol­prent be­ter sou werk as dit in Noor­weegs met on­der­skrif­te was.

As dit e­nig­sins moont­lik kon wees, sou ’n mens eint­lik nie eens Nes­bo en Ho­le in die­self­de a­sem as hier­die rol­prent wou noem nie.

Selfs die skry­wer het voor die voor­skou in ’n on­der­houd met die koe­rant Ver­dens Gang in Noor­weë ge­sê dat dit eint­lik nie sy sto­rie is nie. Dis die draai-boek­skry­wers Hos­sein A­mi­ni en Pe­ter S­traug­han en re­gis­seur To­mas Alf­red­son se sto­rie.

Ver­geet voor­op­ge­stel­de i­dees van hoe die rol­prent moet wees.

Aan­vaar hier­die sneeu­man se ver­haal bloot om wat dit is – ’n ge­mid­del­de speur­ver­haal met baie los dra­de en kin­kels ter wil­le van ef­fek eer­der as prik­kels vir ’n in­tel­li­gen­te ont­kno­ping.

■ Tyds­duur: 119 mi­nu­te Ou­der­doms­perk: OL

Mi­cha­el F ass­ben­der as Har­ry Hol e in The S­no­w­man.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.