Van Cal­las tot Co­hen en Fon­teyn in dok­kies by La­bia

Die Burger - - 16 - La­e­ti­tia P op­le

To­ny Pal­mer, waar­skyn­lik dié toon­aan­ge­wen­de re­gis­seur van dok­kies oor men­se in die in­ter­na­si­o­na­le kuns­te­wê­reld, kom Kaap­stad toe. En hy bring se­we van sy mees be­kroon­de pren­te saam.

Die fees be­gin op 20 Ok­to­ber en duur tot 2 No­vem­ber in die La­bi­a­te­a­ter, Kaap­stad.

Een van die pren­te wat han­del oor Mr. S­ho­w­mans­hip, The World of Li­be­ra­ce, was een van die eer­ste pro­gram­me wat op Suid-A­fri­kaan­se te­le­vi­sie ver­toon is. En in Pal­mer se rol­prent oor At­hol Fu­gard gee oud­pres. Nel­son Man­de­la sy laas­te on­der­houd.

Pal­mer sal drie van sy pren­te self in­lei: The Be­at­les and World War II, Le­o­nard Co­hen: Bi­rd on a Wi­re en Falls the Shadow: The Li­fe and Ti­mes of At­hol Fu­gard.

Pal­mer, ’n B­rit, se oeu­vre strek oor 100 rol­pren­te, wat se­dert die vroeë ja­re ses­tig da­teer. Pren­te oor die mu­si­kan­te The Be­at­les, C­re­am, Frank Zap­pa en Ji­mi Hen­drix, as­ook por­tret­te van kuns­te­naars soos die pri­ma bal­le­ri­na Mar­got Fon­teyn, die so­praan Ma­ria Cal­las, die dra­ma­turg John Os­bor­ne, die kom­po­nis­te I­gor S­tra­winski, Richard Wag­ner en Ben­ja­min B­rit­ten, en die di­ri­gent Ye­hu­di Me­nu­hin is ver­vat in sy oeu­vre.

Pal­mer is ook be­kend as re­gis­seur vir te­a­ter en o­pe­ra. Hy was on­der meer die eer­ste We­ster­se re­gis­seur wat met die Bol­sjoi in Mo­s­kou ge­werk het.

Op sy kag­gel­rak pryk ver­skeie Baf­tas, Em­m­ys en 12 goue me­dal- jes van die New York-rol­prent­fees.

Sy rol­prent oor die kom­po­nis Richard Wag­ner is se­we uur lank en die Los Angeles Ti­mes het dit een van die mooi­ste flieks ge­noem wat tot nog toe ge­maak is.

In K aap­stad wy s:

■ Cal­las (2007, 92 min., OL) Ma­ria Cal­las se ver­ba­sing­wek­ken­de op­gang in die o­pe­ra­wê­reld word ge­kar­teer met glim­pe van haar om­stre­de pri­vaat le­we. Re­sen­sen­te het dit as ’n boei­en­de, aan­gry­pen­de er­va­ring be­stem­pel. 26 Ok­to­ber om 18:15 en 31 Ok­to­ber om 20:30.

■ Hol­st: In the B­le­ak Mid­win­ter (2011, 137 min., OL)

’n B­lik op die kom­po­nis Gus­tav Hol­st, wat hom be­y­wer het vir En­gel­se folk­mu­siek en die bloot­stel­ling daar­van aan die B­rit­se wer­kers­klas. 25 Ok­to­ber om 18:15 en 30 Ok­to­ber om 20:30.

■ The Be­at­les and World War II (2016, 97 min., 10-12 OL) Pal­mer het sy prent All This

‘‘ Pal­mer, ’ n B­rit , s e oeu­vre s trek oor 100 r ol­pren­te, wat se­dert die vr oeë jar e 60 dat eer.

and World War II van 1976 ge­re­di­geer en bied met ar­gief­ma­te­ri­aal ’n chro­no­lo­gie­se b­lik op die oor­log. Mu­si­kan­te soos El­ton John, die Bee Gees, Bry­an Fer­ry, Leo Say­er en an­der sing op die wyd­lo­pen­de klank­baan. 20 Ok­to­ber om 18:15 met ’n in­lei­ding deur Pal­mer. 28 Ok­to­ber om 20:30.

■ Mar­got (2006, 163 min., OL) Mees­ter­lik en fas­si­ne­rend; nie­mand sou só ’n le­we kon ver­sin nie. Só be­sing re­sen­sen­te dié dok­kie van Pal­mer. In 1961 het een van die groot­ste dans­pa­re in die ge­skie­de­nis be­gin saam­dans: die 42-ja­ri­ge Mar­got Fon­teyn en die 24-ja­ri­ge Ru­dolf Nu­rey­ev.

■ Falls the Shadow: The Li­fe and Ti­mes of At­hol Fu­gard (2012, 139 min., OL)

Dié dok­kie is ge­maak om saam te val met die Suid-A­fri­kaan­se dra­ma­turg At­hol Fu­gard se 80ste ver­jaar­dag in 2012. Die nuus­tyd­skrif Ti­me het Fu­gard die groot­ste le­wen­de dra­ma­turg in die En­gels­spre­ken­de wê­reld ge­noem. In 2011 het hy ’n To­ny vir sy le­wens­werk ont­vang. 22 Ok­to­ber om 18:15. Pal­mer lei dan die prent ook in op 1 No­vem­ber om 20:30.

■ The World of Li­be­ra­ce (19722012, 75 min., A)

’n In­tie­me b­lik op die le­we van die ver­maak­lik­heid ster Li­be­ra­ce. Sy lief­de vir geld, oor­daad en flam­bo­jan­te kos­tuums het aan hom die ti­tel Mr. S­ho­w­mans­hip be­sorg. Die A­me­ri­kaan­se ster het klas­sie­ke mu­siek toe­gank­lik en ge­wild ge­maak vir die mas­sas. 24 Ok­to­ber om 18:15 en 29 Ok­to­ber om 20:30.

■ Le­o­nard Co­hen: Bi­rd on a Wi­re (1972-2010, 106 min., OL)

Dié rol­prent is die ge­re­stou­reer­de her­uit­rei­king van Pal­mer se dok­kie oor Co­hen se Eu­ro­pe­se toer in 1972. Be­ne­wens sy kon­ser­te waar hy lied­jies van sy vroeë al­bums Son­gs from a Room en Son­gs of Le­o­nard Co­hen sing, be­vat dit beeld­ma­te­ri­aal van ag­ter die skerm swaar Co­hen on­der­meer met sy or­kes le­de, aan­han­gers en on­der­houd­voer­ders in ge­sprek is.

Die rol­pren­te sal op DVD te koop aan­ge­bied word.

Kaar­tjies kos R50. Be­spreek by Web­tic­kets of Pick n Pay. Na­vrae: 021 424 5927.

’n Jong L e­o­nard Co­hen.

At­hol F u­gard af­ge­neem in 2012 .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.