Roe­per van wal­vis­se op sil­wer­doek

Die Burger - - 16 -

El­ke dag swerf die wal­vis­roe­per op die kran­se en rot­se van die klein kus­dor­pie Her­ma­nus.

Hy is ’n be­ken­de fi­guur in sy ver­flen­ter­de swart aand­pak. Hy is ’n een­kant­mens wat op sy tra­di­si­o­ne­le see­bam­boes-ho­ring blaas vir die wal­vis­se. Dit is as­of hy ’n spe­si­a­le band met dié oer­die­re het en só met hul­le kom­mu­ni­keer.

Dié beeld is ver­e­wig in Za­kes Mda se vyf­de ma­gie­se ro­man ge­ti­teld The W­ha­le Cal­ler.

Die rol­prent­weer­ga­we van dié ro­man word van­dag land­wyd uit­ge­reik.

S­ha­risha, ’n sui­de­li­ke noor­kap­per is een van die wal­vis­se wat al­tyd ant­woord op sy ge­roep en dan haar groot kop uit die wa­ter lig of die op­per­vlak slaan met ’n krag­ti­ge slag van haar stert. Sy is ook sy guns­te­ling- wal­vis van die skool wat el­ke len­te na die kus­dor­pie mi­greer.

Sa­lu­ni, ’n vu­ri­ge self­ver­nie­ti­gen­de vrou, kom op die to­neel. Waar sy voor­heen die vis­ser­man­ne in die dor­pie se kroeë ge­sel­skap ge­hou het, trek die wal­vis­roe­per haar aan­dag.

Sy be­gin mee­ding met S­ha­risha om die wal­vis­roe­per se aan­dag. Sy fik­sa­sie en lief­de vir die wal­vis­se kan sy net nie klein­kry nie – die span­ning bou op en kan tra­gie­se ge­vol­ge hê.

Die prent is in 2015 in Her­ma­nus, ’n be­ken­de be­stem­ming vir wal­vis­ky­kers wê­reld­wyd, ver­film. Die hoof­rol word deur Sel­lo Maake Ka-N­cu­be ver­tolk. Die re­gis­seur is Zo­la Ma­se­ko. Die prent is 107 mi­nu­te lank en is in Mda se ken­mer­ken­de ma­gies re­a­lis­tie­se styl aan­ge­pak.

Die ou­der­doms­perk is 13DTS.

Sel­lo Maak e K a­N­cu­be v ertolk die hoofr ol in die S uid­A­fri­kaan­se rol­prent The W­hal e Cal ler.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.