Ou­ma kon met ’n blik­kie vis ’n span kos­gee

Die Burger - - 18 - Van Al le K an­te No­lan V en­ter no­lan.ven­ter@gmail.com

Ek was nog op la­er­skool toe my ge­lief­de ou­ma Pik­kie ons in die laat ses­tigs ont­val het. Sy was een van daar­die ou­mas wat raak­ge­vat het. Haar han­de het vir niks ver­keerd ge­staan nie en bin­ne haar bors­kas was ’n hart van goud, wat oor­ge­loop het van lief­de vir haar klein­kin­ders.

In my kin­der­dae was my ou­ma my al­les. Wan­neer ek hon­ger was, het ek aan haar voor­skoot vir ’n stuk­kie brood gaan neul. As ek my toon teen ’n klip bloed­neus ge­stamp het, het sy met lamp­o­lie en ’n flen­nie­lap­pie na­der­ge­staan. En wan­neer my ma­gie hier klein nag klein­hui-sie­prik­kels be­gin gee, het sy my op die pou sit­ge­maak en ge­dul­dig ge­wag.

Ma­le son­der tal slaan my ge­dag­tes bol­le­ma­kie­sie na ons een­vou­di­ge twee ver­trek hui­sie op die oe­wer van die Co­fim­va­ba-ri­vier in my ge­boor­te­dorp in die voor­ma­li­ge Trans­kei. Die een wat Ou­ma soos ’n kos­ba­re ju­weel ver­troe­tel en in stand ge­hou het.

El­ke Vry­dag sou sy op haar knieë gaan en ons hui­sie van hoek tot kant met vars bees­mis uit­smeer. En twee keer per jaar het sy dit van bui­te ge­pleis­ter met ’n meng­sel van miers­hoop en bees­mis.

In ’n hoe­kie langs ons hout­stoof in die kom­buis het haar stamp­blok ge­staan –

’n groot, uit­ge­hol­de ri­vier­klip met twee hout­stam­pers.

Ou­ma het haar eie mie­lies ge­stamp. Ná so ’n stamp­pro­ses sou sy met die mie­lies in ’n groot skot­tel na bui­te gaan waar sy dit rit­mies in die lug sou gooi. Dan sou ek my ver­kyk aan die kaf wat deur die wind weg­ge­dra word en die werf­hoen­ders en -kui­kens wat om haar koek en pie­pend en kloe­kend hul mae met die dop­pe vul.

By kos­maak was Ou­ma ’n bo­baas­rand­rek­ker. “Weg­gooi” was nie deel van haar woor­de­skat nie. Selfs die vaal oor­tol­li­ge wa­ter van ’n mie­lie en bo­ne­pot kon Ou­ma met ’n tik­sel­tjie sout en pe­per en ’n kny­pie Hol­sum­vet in ’n voed­sa­me drink­din­ge­tjie om­skep.

Dan wil ek nie eens praat van daar­die mi­ni­a­tuur­blik­kie vis wat sy met uie, ta­ma­ties en aar­tap­pels kon rek dat sy ’n gan­se rug­by­span daar­mee kon voed nie.

Op brood­knie­dag kon ek my ver­kyk aan Ou­ma se won­der­vuis­te. Daar was geen ag­gres­sie teen­oor die meng­sel van lou wa­ter, meel en suur­deeg nie. Rit­mies en lief­de­vol sou sy deur die knie­pro­ses gaan. Daar­na sou sy die deeg met ’n doek toe­maak en op ’n ta­fel in die son sit om te rys.

No­de­loos om te sê, die eind­pro­duk het al­tyd saam­ge­speel. Wa­ter­tand­lek­ker spons­ag­ti­ge vet­koe­ke en pot­brood wat soos oor­ryp gra­na­te in die oond oop­ge­bars het.

Soms, wan­neer ek saans in my bed om­draai, hoor ek nog die ge­rit­sel van die mie­lie­blaar-ma­tras wat Ou­ma in my klein­tyd vir my ge­maak het. En dan gee ek in die don­ker­te ’n on­ge­sie­ne glim­lag van dank­baar­heid. Vir men­se soos ou­mas. Hul­le wat weet hoe om ’n ge­wo­ne huis vir klein­kin­ders in ’n tuis­te te om­skep.

‘‘ Bin­ne haar bors­kas w as ’ n hart v an g oud, wat oor ge­loop het v an lie fde vir haar klein­kin­ders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.