Be­rig­te oor Trans­net­fonds ont­stel

Die Burger - - 18 -

De­on S­chee­per s, P ort E­li­za­beth

Dit is ont­stel­lend, maar nie on­ver­wags nie, om te lees (10.10) dat die Gup­tas ook hul kloue in Trans­net se T­wee­de Vas­te­voor­deel fonds ge­slaan het.

Hoe die sg. trus­tees van ons pen­si­oen­fonds ons geld aan sul­ke on­be­ken­de maat­skap­pye se be­stuur kon toe­ver­trou, gaan die ver­stand te bo­we. Daar is tog se­ker­lik baie meer be­ken­de fi­nan­si­ë­le in­stel­lings met be­we­se re­kords be­skik­baar? Dat ’n maat­skap­py met die naam T­ril­li­an daar­mee ver­trou kon word, spreek klaar boek­de­le. Ge­luk­kig is daar nog net mil­joe­ne, en nie tril­joe­ne ran­de nie, ver­lo­re.

Dit is ook geen won­der nie dat die ver­ko­se trus­tees wei­er om na­vrae in­sa­ke die fi­nan­si­ë­le stand van ons fonds be­kend te maak. Ek won­der of hul­le ook voor­deel ge­trek het uit Re­gi­ments se aan­stel­ling as ba­te­be­stuur­der van ons pen­si­oen­geld.

As die Raad op Fi­nan­si­ë­le Diens­te vind dat die raad se di­rek­teu­re on­re­ël­ma­tig en na­la­tig op­ge­tree het, moet die di­rek­teu­re elk­een ook per­soon­lik aan­spreek­lik ge­hou word vir die reg­stel­ling van die saak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.