Boe­ties se les geld ook o­wer­heid

Die Burger - - 18 -

T­hys A gen­bach, Durb an­vil­le

Ek re­a­geer op die al­ler­prag­tig­ste voor­blad­nuus (09.10), naam­lik “Skies He­re dat ek jou geld ge­vat het, dit was nie as­pris nie.”

Dit het my eers laat ska­ter­lag, maar by die oor­den­king daar­van het dit my diep ge­tref.

Aan die ma van die twee boe­ties wil ek sê: Jy is ’n ma en op­voe­der dui­send. Jy is ’n voor­beeld vir al­le ou­ers in ons land. Dan­kie vir die wys­heid wat jy toe­ge­pas het om jou kin­ders ’n le­wens­les te leer. Ek is se­ker dat hul­le dit le­wens­lank sal ont­hou.

Sal ie­mand met meer ge­sag nie as­se­blief die les wat die twee boe­ties moes leer, deur­gee na al­mal wat as o­wer­heid oor ons aan­ge­stel is en nie hul han­de van ons swaar­ver­dien­de be­las­ting­geld kan weg­hou nie? Net mis­kien raak die les hul­le ook.

Om­dat ek ook in diens van die Kerk was, het ek my­self ook die vraag ge­vra: Jy is deur ’n kerk­raad be­taal vir die werk wat jy vir hul­le moes doen. Die dag toe jy voe­te ge­sleep en nie jou werk ge­doen het nie, het jy nie maar soos die twee boe­ties in die ver­haal op­ge­tree nie?

Baie dan­kie vir Die Bur­ger wat el­ke dag vroeg­og­gend by my voor­deur af­ge­le­wer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.