Die s tem­pel van die dood

Die oom­blik wan­neer jy ge­bo­re word, is jy oud ge­noeg om­te sterf, sê die fi­lo­soof An­ton van Nie kerk.

Die Burger - - 19 - Oop K aar­te Murray La Vi­ta

Voor­dat ons oor die dood be­gin praat, word daar eers ge­lag. Prof. Van Niekerk se kan­toor­nom­mer is 666 en dit is wan­neer ’n op­mer­king hier­oor ge­maak word dat ’n ge­ska­ter volg.

“Dis hoe die nood­lot my ge­tref het! Ek is vér­re­weg die vroom­ste ou hier­bo en nou moet ék dié nom­mer op my kan­toor­deur dra. Voor my was dit Hen­nie Ros­souw se kan­toor en as daar nou wérk­lik ie­mand was wat vroom was, dan was dit hý! Hy was aan­vank­lik baie ge­skok daar­deur,” sê hy lag­gend.

Van Niekerk is ’n uit­ge­le­se pro­fes­sor in fi­lo­so­fie en di­rek­teur van die Sen­trum vir Toe­ge­pas­te E­tiek aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch. Sy ui­ters boei­en­de boek Die dood en die sin van die le­we het pas die lig ge­sien. Dit is dan ook waar­oor die res van ons ge­sprek han­del.

“Ons is bang om reg­tig o­pen­har­tig oor die dood te praat. Dis hoe­kom ek die dood in die boek ‘die ta­boe van ons tyd’ noem. An­der men­se het dit ook al so ge­noem.

“Die ver­staan van die dood he­den­daags in ons om­gang met die ver­skyn­sel her­in­ner ’n mens aan die ma­nier waar­op in die Vic­to­ri­aan­se tyd oor sek­su­a­li­teit ge­dink is, wat ab­so­luut ’n ta­boe was.

“In die 19de eeu, selfs tot hier so on­ge­veer am­per die der­ti­ger­ja­re van die vo­ri­ge eeu, was die dood nie so ’n vrees­li­ke ding nie. Men­se het in hul éie hui­se, in hul éie om­ge­wings ge­sterf; dit was nie so ’n ge­heim­sin­ni­ge be­sig­heid in ’n se­ke­re sin nie. Groot hos­pi­ta­le op die skaal wat ons van­dag het, was nie be­skik­baar nie, en in daai sin was die dood deel van die al­le­daag­se le­we.

“Maar groot­liks as ge­volg van mo­der­ni­teit, van die mo­der­ne wê­reld, het daar ’n ál hoe gro­ter ver­leent­heid be­gin ont­staan met die ver­skyn­sel van die dood. Ons het so on­ge­loof­lik baie reg­ge­kry, maar die dood is die één ding wat ons nié on­der ons be­heer kan kry nie. Die dood is in die mo­der­ne wê­reld die één kon­stan­te her­in­ne­ring daar­aan dat ons nog nie al­les on­der ons be­heer het nie.”

Die groot pro­bleem met mo­der­ni­teit is sy ge­brek aan ’n sin vir mis­te­rie, sê Van Niekerk. “Mis­te­rie is ’n le­gi­tié­me vorm van ken­nis, maar dit moet er­ken word vir wat dit is. Mis­te­ries, soos die dood, wys ons op din­ge wat ons net ge­deel­te­lik kan ken . . . Ons kan baie mág ver­werf oor die dood in mo­der­ni­teit – dít is die stra­te­gie wat mo­der­ni­teit aan­ge­lê het, naam­lik om die dood te me­di­ka­li­seer, wat be­te­ken, soos [die so­si­o­loog] Zyg­munt Bau­man dit stel: Dat jy dit op­breek in dui­send stuk­kies wat ons siék­tes noem. En el­ke keer as jy ’n be­paal­de siek­te i­den­ti­fi­seer, dan kry jy mag daar­oor en dan kan jy dit mis­kien op daai ma­nier ver­my.

“Maar dit al­les stel een­vou­dig die re­a­li­teit van die dood uit. En ek dink daar­in lê waar­skyn­lik die groot ver­leent­heid van die dood self.”

Van Niekerk i­den­ti­fi­seer in sy boek drie me­ta­fo­re met be­trek­king tot die dood: die dood as ho­ri­son, as reis en as ver­haal.

“’n Ho­ri­son is . . . as jy nou kyk na die ho­ri­son van die berg daar­bo . . .” Hy strek sy arm uit na die pie­ke van die mil­joe­ne ja­re oue Si­mons­berg, wat in al sy glo­rie op hier­die son­ni­ge dag deur die kan­toor­ven­ster sig­baar is.

“Dáár is hy; hy’s kon­kréét; hy’s sig­baar. En tog, as ek hom sou wou pro­beer be­reik en my ruim­te­li­ke po­si­sie ver­skuif, dan ver­skuif die ho­ri­son on­mid­del­lik . . . Maar die heel be­lang­rik­ste ding om­trent die ho­ri­son is dat dit die finá­le pérk is op my ge­sigs­veld op ’n ge­ge­we tyd – dís so ver soos ek nou kan sien.

“Om hoe­ge­naamd iets te kan sien, moet ek dit be­pérk sien; ek kan nie sien as my ge­sigs­veld nie be­perk is nie – dít leer die ho­ri­son ons: my ge­sig­veld is be­perk.

“Die dood is in daai sin die ho­ri­son van ons le­we, die ge­sigs­ein­der . . . Ons is be­perk­te we­sens, ons kan nie maak wat ons wil nie, ons kan nie al­les ken wat daar in die wê­reld te ken is nie.

“Ons le­we voort­du­rend bin­ne be­gren­sin­ge en be­per­kin­ge, en die dood is die úi­t­ein­de­li­ke her­in­ne­ring dat daar ’n finá­le perk is aan wat ons uit­ein­de­lik kan be­leef.”

Sý eer­ste ken­nis­ma­king met die dood was toe sy pa ge­sterf het. “Dit was ’n enór­me skok. Hy het op 52-ja­ri­ge leef­tyd in 1959 ’n erns­ti­ge hart­aan­val ge­had en toe het hy wat hul­le noem ’n hart­ly­er ge­word, dit was die dae voor hart­om­lei­dings en hart­oor­plan­tings. So ek was in die laas­te tien jaar van sy le­we in­tens be­wus daar­van dat ek ’n pa het wat aan sy hart lý. En in dáái sin sou ’n mens dus ver­wag dat die erg­ste e­ni­ge oom­blik kon ge­beur.

“Ek was ’n 15-ja­ri­ge kos­skool­kind hier in Paul Roos toe hy plot­se­ling een Sa­ter­dag­og­gend dood is.

“En een van die pun­te wat ek in die boek pro­beer maak rond­om die dood is dat ’n mens kan dínk jy ver­wag dat ie­mand gaan sterf, maar jy het géén i­dee van hoe mín jy dit ver­wag tót­dat dit werk­lik ge­beur nie. Die skok bly áb­solúút oor­wel­di­gend.”

’n An­der groot ver­lies was die dood van sy vriend en kol­le­ga, die fi­lo­soof Paul Cil­liers.

“Dit was ’n ont­sag­lik trau­ma­tie­se er­va­ring, want Paul was in die f­leur van sy le­we en dit was totáál on­ver­wags. Een van die goed wat ek daar­uit ge­leer het, is die dood ver­plig ons el­ke keer tot ’n nu­we be­gin . . .

“Han­nah A­rendt sê die mens se mees merk­waar­di­ge ken­merk is dat ons ál­tyd wéér kan be­gin.

“Dit het my aan­ge­gryp toe ek daai hoof­stuk ge­skryf het ook oor Paul en die an­der. Jy word deur die dood soms ab­so­luut tot stil­stand ge­ruk, maar die le­we gaan él­ke keer aan en jy het geen keu­se nie: Jy moet maar een­vou­dig weer be­gin hard­loop; dit vat som­mi­ge van ons par­ty­keer ’n bie­tjie lan­ger as an­der, maar uit­ein­de­lik wag die le­we vir nie­mand. En nou moet jy aan­gaan són­der die re­ser­wes wat die per­soon wat jy ver­loor het vir jou be­skik­baar ge­maak het. Dít is die merk­waar­di­ge ding wat ons doen aan me­kaar: El­ke le­we wat sin het, maak moont­lik­he­de oop, laat men­se sien, laat men­se din­ge ge­niet wat hul­le nooit an­der­sins sou ge­had het nie.

“Hoe árm sou ons nie ge­wees het són­der S­ha­ke­spea­re en són­der Ga­li­leo en són­der Dar­win nie – sê nou maar hul­le het nooit ge­le­we nie.”

Dit is jam­mer dat daar soms “to­taal pro­ble­ma­tie­se” ver­wag­tin­ge by men­se ge­skep word rond­om die dood en ge­lief­des.

“Selfs al aan­vaar jy die pa­ra­dig­ma van die Chris­ten­dom erns­tig, daar is géén By­bel­se óf we­ten­skap­li­ke ge­tuie- nis dat dit ooit moont­lik gaan wees om men­se weer te ont­moet nie, selfs al ís daar ’n le­we ná die dood.

“En dan praat ons nou nog nie eens van al die an­der pro­ble­me wat ver­bon­de is aan die i­dee van ’n le­we ná die dood nie; net om vir ons­self sin daar­van te maak nie.

“Ek dink ons moet ’n baie meer vol­was­se ge­sprek oor die dood hê. Dit sou ’n jam­mer­te wees as die dood net die aan­lei­ding word vir góéd­koop troos­woord­jies.

“Men­se wat erns­ti­ge ver­lie­se ly, het nie ’n be­hoef­te aan góéd­koop troos­woord­jies van: ‘Aag man, byt net vas, mô­re gaan dit be­ter en as jy een­dag jou oë toe­maak, sien jy al jou ge­lief­de weer.’ Dít is róé­ke­lo­se praat­jies wat ons lie­wer moet pro­beer ver­my.”

Ter­wyl die loei­en­de si­re­ne van ’n nood­voer­tuig hard van bui­te af op­klink, praat hy oor le­we ná die dood.

“Dit mág wees, as ’n mens se­ke­re By­bel­ge­deel­tes erns­tig wíl op­neem, dat daar wél spra­ke is van ’n be­wúste le­we in die een of an­der vorm op ’n ma­nier wat rús vind by God, maar die By­bel be­klem­toon báie, báie min die i­dee van ’n siél wat in die e­wig­heid be­staan. Daai he­le i­dee van ’n on­sterf­li­ke siel is ’n Pla­tó­nie­se i­dee. Pau­lus praat van die op­stan­ding van die mens­li­ke líg­gaam en die be­staan ná die dood is ’n lig­gáám­li­ke be­staan.

“Ver­der, en daar dink ek moet ’n mens die Nu­we en die Ou Tes­ta­ment saam lees, daai be­staan is és­sen­si­eel ’n her­stél van die s­kep­ping, dis ’n her­stel van he­mel en aar­de . . .

“So dis ’n her­stél­de wê­reld. Ek hou van daar­die i­dee; ek het baie be­den­kin­ge oor die i­dee van ’n siel­sa­li­ge rond­dryf in die e­wig­heid van die tyd van die ver­los­te sie­le by God.

“Die be­lang­ri­ke ding as jy oor die le­we ná die dood, of laat ek lie­wer sê die le­we van die toe­koms, dink as ’n her­stel­de s­kep­ping, dan sit daar troos in, want aan dáár­die soort be­staan kan ons nou al be­gin werk.”

Van Niekerk sê hy het on­langs weer on­der die in­druk ge­kom van die waar­de van die fi­lo­soof Mar­tin Hei­deg­ger se in­sig­te.

“Wat my op­nuut ge­tref het, is sy in­sig dat die dood die be­lang­rik­ste ei­en­skap van die le­we is, nié om­dat die dood on­ver­my­de­lik één­dag op ons wag nie, maar om­dat die oom­blik wan­neer ’n mens ge­bo­re word, is jy oud ge­noeg om te ster­we . . . Die dood stém­pel él­ke én­ke­le ding waar­mee jy él­ke én­ke­le dag be­sig is tot wat dit ís.

“Jy staan in die og­gend op en jy bor­sel jou tan­de om­dat jy nie wil hê jou tan­de moet vrót nie; jy eet kos, want jy het dit no­dig om lig­gaam­lik te kan voort­be­staan; jy be­stuur ver­sig­tig, want as jy dit nié doen nie, gaan jý seer­kry en gaan an­der men­se seer­kry.

“Al daar­die pre­cau­ti­o­na­ries wat jy t­ref, doen jy om­dat jy be­sorg is daar­oor dat jy nie vir al­tyd gaan le­we nie en dat jy vir die oom­blik die bes­te daar­van wil maak.

“In dáár­die sin,” sê hy “stém­pel die dood el­ke dag se le­we.”

Fo­to: J ACO MAR AIS

Prof. Ant on v an Niek erk g e­du­ren­de die on­der­houd in s y k an­toor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.