Mag wets­ge­hoor­sa­mes uit nood­weer skiet ?

Die Burger - - 19 -

Hen­nie Pie­naar , Bel l­vil­le

Dit is met skok en af­gry­se dat ons lees en hoor van “hor­des men­se” wat ’n G­rey­hound-bus na­by Al­lan­rid­ge in die Vry­staat met pik­ke en gra­we aan­ge­val het.

Al­te­saam 46 pas­sa­siers is be­roof en aan­ge­rand, en ver­loor al hul be­sit­tings. Om nie eens te praat van die ska­de aan die bus en sy wa­en­tjie wat aan die brand ge­steek is nie.

Na wat be­rig word, is die “men­se” on­te­vre­de om­dat van hul­le nie deur die plaas­li­ke my­ne in diens ge­neem word nie. Goed en wel, be­toog want dit is se­ker jou “reg”, maar mag­tig, om 23:00 in die nag?!

Net só is die on­lang­se ka­ping van die bus met Ne­der­land­se toe­ris­te wat op pad van die O.R. Tam­bo-lug­ha­we na hul ho­tel be­roof is, nog ’n te­ken van die a­nar­gie en mis­daad wat teen die spoed van wit lig in ons land toe­neem.

In Noord­wes skiet ’n man ’n 15-ja­ri­ge be­to­ger dood na­dat daar na be­we­ring met klip­pe na sy voer­tuig ge­gooi is. Waar is hy nou? Op regs­ad­vies het hy hom­self aan die po­li­sie oor­ge­gee en hy gaan nou op ’n aan­klag van moord te­reg­staan.

Die oor­le­de­ne was 15. Nét 15! Hy was ver­on­der­stel om op skool te wees, maar, nee, dit was lek­ker­der om klip te gooi en vuur­hout­jies te trek.

Daar is o­ral voor­val­le waar ei­en­dom ge­du­ren­de be­to­gings be­ska­dig word en voor­raad ge­steel word – soms waar die po­li­sie staan en toe­kyk.

Wat het van die reg­te van die wets­ge­hoor­sa­mes in hier­die land ge­word? Wat sou ge­beur het as van die pas­sa­siers op die G­rey­hound-bus ge­wa­pen was en uit nood­weer op die “hor­des” be­gin skiet het? Of mag jy nie?

Ons ge­ag­te mi­nis­ter van po­li­sie, Fi­ki­le Mba-moe­ra (M­ba­lu­la) dreig en blaas, maar die skrif is aan die muur. Dit is net on­moont­lik om al­mal se vei­lig­heid te ver­se­ker.

Kyk het net hoe gaan dit dees­dae op die trei­ne!

Praat van staats- en land­skaping maar die wets­ge­hoor­sa­me bur­gers wat niks te doen het met by­voor­beeld swak diens­le­we­ring nie, word daag­liks ge­kaap en van hul reg­te be­roof om vei­lig en or­de­lik te le­we en ’n by­drae tot die e­ko­no­mie te maak.

My oor­le­de pa het in die laat 1960’s ge­sê: “Die wet is net daar om die skelm te be­skerm.”

He­laas, my pa se woor­de is be­waar­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.