Myn­bou ver­ras met 6,9%­groei

Die Burger - - 20 - El­vi­ra W ood

Dit lyk as­of die len­te van­jaar ’n maand vroe­ër vir die Suid-A­fri­kaan­se myn­bou­be­dryf be­gin bloei het.

Die pro­duk­sie­sy­fers vir Au­gus­tus het ont­le­ders ver­ras.

Na­dat myn­bou­pro­duk­sie in Ju­lie met slegs 0,9% ver­ge­le­ke met ’n jaar te­vo­re ge­groei het, het hul­le ge­dink die sek­tor sou steeds krimp.

Dit het eg­ter in Au­gus­tus met 6,9% ge­styg.

Sta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka (SSA) het die nuut­ste sy­fers vir myn­bou­pro­duk­sie gis­ter be­kend ge­maak.

Ja­son Mus­cat, se­ni­or ont­le­der by FNB, sê hul­le het ver­wag dat die sek­tor in Au­gus­tus ef­fens gaan krimp.

“Hoe­wel die in­ter­na­si­o­na­le om­ge­wing tans hulp­bron­pry­se en -pro­duk­sie on­der­steun, het die sek­tor bo al­le ver­wag­tin­ge in Au­gus­tus goed ge­vaar.

“Dit hou die sek­tor op koers om ’n be­dui­den­de po­si­tie­we by­drae tot die land se bru­to bin­ne­land­se pro­duk in die der­de kwar­taal van die jaar te maak,” sê hy.

Mus­cat waar­sku eg­ter oor toe­ne­men­de on­se­ker­heid oor die plaas­li­ke om­ge­wing, ver­al ten op­sig­te van be­leid. Die ver­hou­ding tus­sen die staat en die sek­tor self help ook nie. “Ons gaan daar­om wag vir meer da­ta voor­dat ons ons voor­uit­sig vir die sek­tor vir die res van die jaar aan­pas.”

Op ’n maand­grond­slag was pro­duk­sie in Au­gus­tus 5,3% ho­ër. Dit is ’n be­dui­den­de ver­be­te­ring op die maand­groei van net 0,5% in Ju­lie en die krim­ping van 1% in Ju­nie.

Yster­erts pro­duk­sie, wat vir’ n groot deel van van­jaar die ster was, het weer sy kant ge­bring met ’n 9%-sty­ging op ’n jaar­grond­slag.

Dit was een van net twee sek­to­re wat in Ju­lie ge­daal het toe sy pro­duk­sie 5% la­er was as in die oor­een­stem­men­de maand in 2016.

Oor drie maan­de ge­meet, was yster­erts pro­duk­sie 1,4% ho­ër.

Daar is ook 27,7% meer dia- man­te en 7,7% meer goud in Au­gus­tus ge­pro­du­seer.

Suid-A­fri­kaan­se goud­my­ne, wat vir die groot­ste deel van van­jaar ag­ter­uit ge­boer het, het vir die t­wee­de ag­ter­een­vol­gen­de maand se­dert Ja­nu­a­rie weer pro­duk­sie ver­hoog.

SSA het ook die ver­koop­sy­fers vir Ju­lie be­kend ge­maak. Dit het op ’n jaar­grond­slag met 17,7% en op ’n maand­grond­slag met 2,8% toe­ge­neem.

Suid-A­fri­ka het R35,73 mil­jard se mi­ne­ra­le in Ju­lie ver­koop teen­oor die R39,35 mil­jard in Ju­nie en die R35,81 mil­jard in Mei.

’n Jaar ge­le­de het die land R30,37 mil­jard se mi­ne­ra­le in Ju­lie ver­koop.

Die ver­koop­sy­fers is ’n maand ag­ter die pro­duk­sie­sy­fers.

Fo­to: BL OOMBERG

Suid­A­fri­ka het 2 7,7% meer di­a­mant e in A u­gus­tus g e­pro­du­seer as in Au­gus­tus 2016 .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.