Ve­ri­mark ves­tig sy hoop op die fees­tyd

Die Burger - - 21 - El­vi­ra W ood

Ve­ri­mark sê hy is ge­reed vir die Kers­tyd. Hy het heel­wat meer pro­duk­te en ’n reu­se­voor­raad.

Nie eens die swak sa­ke­ver­troue en ver­brui­kers se toe beur­sies laat hom van sy Kers­plan­ne af­sien nie en ook nie dat hy in die half­jaar tot ein­de Au­gus­tus aan­sien­lik swaar­der ge­trek het nie.

Die maat­skap­py het gis­ter sy jong­ste re­sul­ta­te op Sens ge­pu­bli­seer.

Sy in­kom­ste vir die ses maan­de het wel met 13,7% tot R209,7 mil­joen ge­styg teen­oor ’n jaar te­vo­re, maar sy wins kon nie die­self­de pas vol­hou nie.

Die bru­to wins het met 10,6% tot R88,6 mil­joen ge­styg.

Ve­ri­mark sê in die ver­kla­ring die feit dat hy meer pro­duk­te be­kend ge­stel het en ook meer win­kel­spa­sie be­kom het, is hoe­kom sy wins swak­ker ge­groei het.

Hy het ook vroe­ër van­jaar be­sluit om sy pry­se te ver­laag.

Toe Suid-A­fri­ka se kre­diet­sta­tus tot rom­mel ver­laag is, het sa­ke­ver­troue ’n groot knou ge­kry, sê Ve­ri­mark in die ver­kla­ring.

Wan­neer sa­ke­ver­troue af­neem, be­stee ver­brui­kers ook min­der. Dit het ’n na­de­li­ge im­pak op al­le klein­han­de­laars, sê hy.

Be­ne­wens sy plan­ne om sy pro­duk­te in die fees­tyd sterk te be­mark, gaan hy ook meer op sy bui­te­land­se be­dry­wig­he­de fo­kus, sê Ve­ri­mark.

Hy het dié be­dry­wig­he­de ’n jaar ge­le­de her­vat.

Ve­ri­mark sê hy glo sy in­ter­na­si­o­na­le be­dry­wig­he­de kan hom be­ter teen die wis­sel­val­lig­heid van die rand ver­skans.

Ve­ri­mark se s y­fers

■ We­sens­ver­dien­ste per aan­deel 55% la­er op 1c;

■ Geen di­vi­dend is ver­klaar nie;

■ In­kom­ste styg met 13,7% tot R209,7 mil­joen; en

■ Bru­to wins styg met 10,6% tot R88,6 mil­joen.

Ve­ri­mark s e wink el in die K ey West­win­kel­sen­trum in Kru­gers­dorp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.