R­hu­le ‘sal tuis op heel­ag­ter wees’

Die Burger - - 22 - Owen K ock

Die S­pring­bok-vleu­el Ray­mond R­hu­le het al in­ge­staan op heel­ag­ter vir die Vry­staat en daar­om sal dit nie vir hom ’n vreem­de er­va­ring wees om mô­re teen die Leeus die laas­te ves­ting te be­man nie.

Só het Ro­ry Dun­can, die Vry­staat-C­hee­tahs se af­rig­ter, gis­ter ge­sê toe hy ge­vra is of dit ’n waag­stuk is om R­hu­le uit po­si­sie te kies vir ’n reg-of-weg-Cur­rie­be­ker-stryd op El­lis­park.

R­hu­le is vol­gens Dun­can die bes­te keu­se op heel­ag­ter ná be­se­rings aan Ser­ge­al Pe­ter­sen en Clay­ton Blom­me­tjies. R­hu­le se spel is die laas­te paar we­ke druk be­spreek na­dat hy op die ver­de­di­ging ge­suk­kel het in die Bok­ke se re­kord­ne­der­laag in Al­ba­ny.

Dit het hom uit­ein­de­lik ook sy plek in die Bok­span vir die tuis­toet­se teen die Wal­la­bies en All Blacks ge­kos.

“Hy weet pre­sies wat van hom ver­wag word,” sê Dun­can.

Slegs een spe­ler van ver­le­de week se Cur­rie­be­ker-span wat teen die Blou Bul­le die on­der­spit ge­delf het – die sen­ter Ali M­gi­ji­ma – het dié na­week­val­byl oor­leef.

Hy is eg­ter op die plaas­ver­van­gers bank ge­kies.

Die vu­ri­ge ha­ker Tor­sten van Jaars­veld voer die span aan in die af­we­sig­heid van Fran­cois Ven­ter, wat met ’n be­se­ring suk­kel.

Dun­can sê dit was ’n moei­li­ke be­sluit om ’n spe­ler soos Chris Dry (flank en kap­tein in die laas­te klom­pie Cur­rie­be­ker-wed­stry­de) uit die fi­na­le groep weg te laat, maar die spe­lers weet dat die ver­de­di­ging van die Cur­rie­be­ker-ti­tel nou voor­keur kry.

“As jy na die los­voor­spe­lers kyk, selfs met al die be­se­rings en die spe­lers wat uit is, het ons steeds goeie los­voor­spe­lers.

“As daar na die span ge­kyk word, is dit dui­de­lik dat ons ge­hou het by die spe­lers wat die laas­te paar wed­stry­de in die Pro14-reeks ge­speel het,” het hy ge­sê.

Dun­can wou nie sê pre­sies wat Ven­ter en Pe­ter­sen ma­keer nie.

■ Vry­staat­C­hee­tahs: Ray­mond R­hul e, R os­ko S­pe­cman, Nic o L ee, Wil­li­am S mall­S­mith, Mak a­zo­le Ma­pim­pi, Erns t S ta­pel­berg, Ti­an Me yer, Ou­pa Mo­ho­je , Henc o V en­ter, Tier S­choe­man, R e­niel Hugo, Jus tin Bass on, Ar a­nos Coe tzee, T or­sten van Jaar s veld( k ), C ha r les Ma­rais. PLAAS­VER­VAN­GERS: Jac que s d uT oit, Ox N c h e, Ry­nie r Ber­nar­do, Ju­ni­or P o­ko­me­la, S­haun V en­ter, Ali M­gi­ji­ma, Lut­her Obi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.