Weer het die laas­te sê oor Bolt se beeld

Die Burger - - 23 - Wim P re­to­ri­us

Die ont­hul­ling van ’n stand­beeld van die bes­te na­el­lo­per in die ge­skie­de­nis, U­sain Bolt, sal eers op 3 De­sem­ber plaas­vind na­dat voor­spel­lings vir gu­re weer dié plan­ne in die wie­le ge­ry het.

Die stand­beeld van Bolt, wat agt goue O­lim­pie­se me­dal­jes op sy kerf­stok het, sou van­dag by Ja­mai­ka se na­si­o­na­le sta­di­on ont­hul word, maar O­li­via Gran­ge, die Ja­mai­kaan­se mi­nis­ter van kul­tuur, ge­slag, ver­maak en sport, het Woens­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê die da­tum word uit­ge­stel so­dat so­veel men­se as moont­lik dit kan by­woon.

Weer­voor­spel­lings dui op kwaai re­ën en don­der­storms van­dag in Kings­ton. Bolt se be­stuur­span het in­ge­stem om die ge­leent­heid uit te stel.

Dit sou ’n se­re­mo­nie voor­af­gaan wat al Ja­mai­ka se at­le­te, wat vroe­ër van­jaar aan die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek fe­de­ra­sies( I AA F) se Wê­reld­by­een­koms in Lon­den deel­ge­neem het, ver­wel­kom.

Ja­mai­ka het al­ge­heel in die 15de plek op die me­dal­je­lys ge­ein­dig – dít na­dat hy in 2015 t­wee­de was.

Die ei­land­na­sie het nog­tans vier me­dal­jes (een goud en drie brons) ver­o­wer, met Bolt se laas­te me­de­din­gen­de by­een­koms wat te­leur­stel­lend ge­ëin­dig het ná­dat hy brons in die 100 m ge­wen het – hy het sy dy­spier in die eind­ron­de van die 4x100-af­los be­seer en kon nie die wed­loop vol­tooi nie.

Dit doen eg­ter nie af­breuk aan die na­la­ten­skap van ’n man wat be­ne­wens sy O­lim­pie­se goue me­dal­jes spog met drie wê­reld­re­kords – in die 100, 200 en 4x100-af­los – nie.

Bolt het sy loop­baan af­ge­sluit deur tus­sen 2009 en 2015 al­te­saam 11 keer as die se­ni­or wê­reld­kam­pi­oen ge­kroon te word.

U­sain Bol t

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.