‘Ro­bert speel al vir sy Haaie­plek’

Dob­son ver­ras met sen­ter­paar

Die Burger - - 24 - S­te­phen Nel l

Die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie se af­rig­ter, John Dob­son, het gis­ter geen po­ging aan­ge­wend om die “ge­heim” dat Ro­bert du P­reez aan­staan­de jaar vir die Haaie gaan uit­draf, te be­waar nie.

In­teen­deel, Dob­son hoop sy los­ska­kel be­skou mô­re se Cur­rie­be­ker-wed­stryd teen die K­waZu­lu-Na­tal­lers in Dur­ban as ’n ge­leent­heid om kleim af te steek vir die Haaie se nr. 10-trui in aan­staan­de jaar se Su­per­reeks.

Sy reg­streek­se teen­stan­der is die jong Cur­win Bosch, wat vroe­ër van­jaar sy S­pring­bok-de­buut as plaas­ver­van­ger ge­maak het.

Die Haaie word deur Du P­reez se pa (ook Ro­bert) af­ge­rig en hy sal daar ook vir die­self­de span speel as sy broers, die los­voor­spe­lert­wee­ling Je­an-Luc en Dan.

“Is dit net ge­rug­te?” het Dob­son oor Du P­reez se ver­wag­te skuif ge­skerts.

“Dit werk goed uit vir ons, want hy speel vir sy plek daar aan­staan­de jaar. Rob was ver­le­de na­week baie goed teen die Goue Leeus. Ui­ter­aard is Da­mi­an Wil­lem­se die ou wat vo­ren­toe die fak­kel gaan dra as die WP se los­ska­kel, maar ons het met die ver­wag­te toe­stan­de in ge­dag­te be­sluit om by Rob te hou.”

Du P­reez ju­ni­or het ver­le­de jaar op Nu­we­land sy pa se Haaie-span flen­ters ge­speel

en Dob­son sal hoop dat hy dit van­dees­maand vir ou­laas wéér kan doen – dalk selfs nog twee keer as die WP na die eind­stryd van die CB­reeks vor­der.

Vir eers moet hul­le net op die laas­te na­week van li­ga­wed­stry­de poog om vir ’n half­eind­stryd op Nu­we­land te kwa­li­fi­seer.

Daar sal ’n paar ver­ras­sen­de wen­dings moet wees vir die WP om hoe­ge­naamd nie vir die half­eind­ron­de te kwa­li­fi­seer nie, maar dit is ook be­lang­rik dat hul­le self­ver­troue ’n hup­stoot kry ná ver­le­de Son­dag se ka­ta­stro­fe teen die Leeus in Jo­han­nes­burg.

Die twee­stryd tus­sen Du P­reez en Bosch kan straks be­pa­lend in die uit­slag wees.

Ter­wyl dit in­sig­ge­wend is dat die Haaie nie ’n ver­swak­te span ge­kies het nie, sal die WP die span wees wat veel meer het om te ver­loor.

“Ro­bert (die Haaie se af­rig­ter) is ’n baie me­de­din­gen­de ou. Ons neem ken­nis dat die Haaie al hul groot na­me ge­kies het. Hul­le gaan vir ons kom.

“Die een ding in ons guns is dat ons baie des­pe­raat gaan wees,” sê Dob­son.

Die WP se brei­er het met ’n paar ver­ras­sen­de span keu­ses vo­ren­dag ge­kom. Sy ge­reel­de bui­te sen­ter, E W Vil­joen, i sop die plaas­ver­van­gers ban­ke n Dil­lyn Leyds keer te­rug uit die S­pring­bok­kamp as vleu­el eer­der as in sy voor­keur­po­si­sie van heel­ag­ter. Wil­lem­se bly in die laas­te ves­ting.

“Ons is be­kom­merd oor die hoe­veel­heid rugby wat EW al van­jaar ge­speel het. Hy suk­kel met ’n paar ske­te en om­dat die Haaie ’n ui­ters fi­sie­ke span is, het ons be­sluit om Ru­han te kies,” sê Dob­son.

Dob­son meen die WP sal daar­by baat om vir Du P­reez, Wil­lem­se en Leyds in die be­gin­span te hê.

“Die veld gaan nat wees en ons ver­wag die wind gaan sterk waai. Hoe meer ou­ens in die span met ’n goeie skop­voet, hoe be­ter.”

Fo­to: G ALLO IMAGES

Die WP s e l os­ska­kel, R o­bert du P reez, v er­le­de Son­dag t een die L eeus in ak sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.