‘S­tor­mers se VSA­plan kan geld mors’

Die Burger - - 24 - Fran­cois de W et

’n Voor­ma­li­ge Su­per rug­by­af­rig­ter van die Leeus, E u­ge­ne Eloff, is skep­ties oor die S­tor­mers en die Bul­le se plan om vol­gen­de jaar ’n op­war­ming s wed­stryd in A­me­ri­ka te speel.

Paul Zacks, uit­voe­ren­de hoof van die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie Rug­by­voet­bal­u­nie, het van­dees­week ont­hul dat die S­tor­mers die Bul­le in die VSA gaan pak.

Vol­gens die WP se sa­ke­hoof word dié wed­stryd ge­bruik om die S­tor­mers se han­dels­merk uit te brei, maar Eloff dink ’n wed­stryd in A­me­ri­ka is nie nood­wen­dig die reg­te plek om dit te doen nie.

“Ons rug­by­u­nies is in ’n groot fi­nan­si­ë­le ver­knor­sing en dit maak dus nie vir my sin om ’n wed­stryd daar te speel nie,” sê Eloff, wat tot on­langs in A­me­ri­ka af­ge­rig het.

“Dit kan in ’n duur sto­rie ont­aard, ten­sy die span­ne se kos­te om daar te speel deur ’n bui­te­par­ty be­taal word.”

Vol­gens Eloff is die S­tor­mers en die Bul­le ook nie ge­waar­borg van ’n wed­stryd in ’n stamp­vol sta­di­on nie, want al die kaar­tjies vir die All Blacks se toets teen Ier­land in C­hi­ca­go ver­le­de jaar is nie eens uit­ver­koop nie.

As die voor­ma­li­ge hoof­af­rig­ter van die Aus­tin Huns, het Eloff eer­ste­hand­se er­va­ring van die A­me­ri­kaan­se rug­by­kul­tuur.

Eloff het die Huns van­jaar tot A­me­ri­kaan­se klu­brug­by se Eer­ste­li­ga-ti­tel help aan­voer, maar sê die span uit Tex­as kon vir die uit­speel­ron­des en eind­stryd nie meer as 2 000 toe­skou- ers lok nie.

“Wan­neer A­me­ri­ka­ners met my ’n ge­sel­sie aan­ge­knoop het en ek vir hul­le sê ek is ’n rug­by­af­rig­ter, het die mees­te van hul­le nie eens ge­weet wat rugby is nie.

“Se­wes­rug­by en vrou­e­rug­by is eg­ter baie ge­wild, met die A­me­ri­kaan­se Rug­by­u­nie (USA Rugby) wat groot geld aan die ont­wik­ke­ling daar­van be­stee,” ver­tel Eloff.

Den­ver en San Fran­cis­co is twee A­me­ri­kaan­se ste­de waar dié sport­soort vol­gens Eloff ge­wil­der is.

“A­me­ri­ka is be­slis ’n slui­me­ren­de reus as dit by rugby kom, maar dit gaan nog baie lank vat voor­dat dié reus wak­kerskrik.

“Daar is din­ge aan die ge­beur in A­me­ri­kaan­se rugby soos die nu­we Ma­jor Le­a­gue Rugby-toer­nooi, wat vol­gen­de jaar af­skop. Dit ding eg­ter mee met gri­di­ron (A­me­ri­kaan­se voet­bal), wat dik­wels meer as 100 000 toe­skou­ers per wed­stryd lok,” het hy ge­sê.

Vol­gens Eloff sal dit be­ter wees vir Suid-A­fri­kaan­se span­ne om eers plaas­lik die uit­brei­ding van hul han­dels­mer­ke reg te ruk. Eloff sê dit kan ge­doen word deur aan­skou­li­ke rugby te speel wat men­se sal oor­tuig om weer die pa­vil­joen vol te sit.

Eu­ge­ne El off

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.